Woensdag 11 Augustus 2010

'n Hele leeftyd ge-winzip in net een maand



Na so 'n laaaaaaang stilte, moet ek seker heel eerste 'n maan-foto opsit: hierdie boonste ene is geneem op 25 Junie 2010 om 21:32 oppad na Annecy in Frankryk.

Ons gesin se 39 dae langverlof was FANTASTIES! En nee, ons het nie uitgerus nie - ons het vakansie gehou, wat soms harde werk is ;-)! Ek het 'n scrapbook-dagboek gehou van die vakansie. Hierdie Nederlandse spotprent is op bladsy 1:



Om weer grond te vat na 'n tyd in die wolke: dis nie maklik nie. So het ons gelyk by vertrek en toe 39 dae later met ons aankoms op George se lughawe:



Ek was heeltyd bewus daarvan dat ons dit 'n "1x-in-'n-leeftyd" vakansie noem. Want dit was letterlik maande se gespaar en beplan, en betaal vir ons oudste as volwassene, wat maak dat dit beslis nie 'n elke-paar-jaar-ding vir ons sal wees nie (behalwe natuurlik as ons die Lotto wen, wat nooit sal gebeur nie omdat ons uit beginsel dit nooit sal speel nie - mosie van wantroue in die voorsienigheid van God!).

Ons is nou byna 'n hele maand reeds terug, en dit was holderstebolder wegval in die roetine van werk en leef en vroeg opstaan en vasbyt.

Nou eers begin ons almal "tot verhaal kom." So 'n oorsee-ganery is darem 'n wonderlike visie-verbreeder! Mens besef skielik daar's mense op aarde waarvan jy niks weet nie, wat 'n roetine en humor en gewoontes en oortuigings met mekaar deel wat toetaal vreemd is vir ons. En hoe belangrik taal en kultuur is om iemand werklik te ken en te verstaan. Eish maar dis moeilik as jy
verdwaal is en almal praat net Frans.

My een sin opsomming van ons hele vakansie is as volg:

" 'n Hele leeftyd ge-winzip in net een maand! "


Winzip is "the world's most popular Zip utility for file compression, encryption, sharing, and data backup." Wat die programmetjie doen, is fantasties: dit neem data en verklein dit (inligting kompressie) en verpak dit kleiner, vir makliker versending via epos of vir storing.

Ons het soveel beleef, veral omdat die vreemdheid en andersheid jou sintuie stimuleer om alles haarfyn waar te neem. Wat mens byvoorbeeld in Suid-Afrika nie eens sal opmerk nie, sal buitelanders uitwys as uniek of vreemd.

In die volgende paar weke is ek lus om as deel van my UN-Winzip-proses so bietjie te peins oor van die avonture wat ons gehad het. Dis meer vir myself as iemand anders, maar jy's welkom as jy wil mee-terugreis.

"Please fasten your seatbelts: this is Kulula flight MN904 to Johannesburg ..."


Dinsdag 08 Junie 2010

ONS trippie fotos

Vir al ons fotos wat ons voortdurend sal opdateer kliek hierdie link
http://www.facebook.com/album.php?aid=189949&id=531594917&l=b4ad5dc97c



HLANGANANI NAZARETH UPLIFTMENT CENTRE MIDDELBURG MPUMALANGA
MULDERS VAN ENTAMBENI EN MULDERS VAN BARBERTON EN MY OOM JOHANNES KELBER







































Donderdag 03 Junie 2010

Woensdag 02 Junie 2010

Pinkster-Preke terugskou 4



Ons 5 (die pa, die ma, die oudste, die middelste en die kleintjie) is erg besig met regmaak vir die GROOT Europa vakansie. Nog 3 slapies, dan vlieg ons kulula-styl Egoli toe. Dan ry ons Mpumalanga Middelburg toe - ons tuiste vanaf 1995 tot Desember 2006. Sondag preek ek na 185 Sondae weer in Ligkruis gemeente ( http://ngligkruis.blogspot.com ) en kuier die naweek by my x-kollega Petri en Elriza Coetzee en kids.

Ek vermoed hierdie sal my laaste blog-inskrywing vir die res van die week wees.
Daarom dat ek die res van die Pinkster
in 1 skrywe gaan kafdraf ;-)!

Preek 3 uit Handelinge 8 : 26 - 40 :
Filippus steek grense oor


Die Gees se geheime plan: AFRIKA vir Jesus!
En Filippus onderrig die Minister van Finansies van Ethiopie. En die Evangelie bereik Afrika.
Ons het gekyk n
a Jesaja 53 : 7 - 8 wat die ontmande Ethiopier aan die lees was.
Ook die slegte nuus van Deuteronom
ium 23:1 ... en toe die Goeie Nuus van Jesaja 56 : 3 - 5.
En soos die 7 diakens van Handelinge 6, word Filippus en
die Ethiopier BRUGBOUERS na ander ter wille van Jesus!

'Nkosi 'sikeleli Afrika:

Seën ons Here God,

seën Afrika

Laat haar mag

tot in die hemel reik

Hoor ons as ons in gebede vra

Seën ons, in Afrika

Kinders van Afrika

Hou u hand o Heer,

oor Afrika

Lei ons tot by eenheid

en begrip

Hoor ons as ons U

om vrede vra

Seën ons in Afrika

Kinders van Afrika


Preek 4 uit Handelinge 10 :
Petrus steek grense oor



En die Gees besluit dat die "Hoof-Indoena" van die Kerk,

Petrus, die Rots, "geswaai" moet word vanaf die "Ou Verbond"

na die NUWE in Christus.

Verlossing NIE meer via 'n spesifieke volk en kultuur nie,

maar vir ALMAL via Jesus Christus alleenlik!


En 3x is dit vir Hom nodig om in 'n visioen Petrus voor te berei

vir die koms van "heidene" na sy voordeur. En daarna nog 'n "fluister"

in sy oor, om hom finaal te oortuig: die Goeie Nuus is vir ALMAL!

Ook vir 'n Kaptein van die Romeinse Onderdrukker-Weermag.



Natuurlik, is Petrus soos elke mens in die Bybel, uitgesluit Jesus,

iemand met voete van klei. Daarom die 'skermutseling' met Paulus

in Galasiers 2 waar hy aangespreek word oor sy skynheiligheid

om Joodse christene uit Jerusalem te beindruk deur skielik nie

meer saam met 'heiden-christene' te eet nie.


Maar die Gees bewerk die wonderwerk van 'n eenheids-besluit

in Handelinge 15 by die eerste sinode van die kerk:

Redding - net deur geloof in Jesus Christus!

Joodse kultuur-wette geld nie meer nie!

En die Gees werk deur Petrus (Handelinge 10 & 15),

en wil ook deur JOU werk:

Die kode-woorde is DURF, MOED, GEHOORSAAMHEID!




Preek 5 uit Handelinge 17 : 16 - 34
Paulus steek grense oor



Eers is hy Saulus ... en daarna gebruik hy die Latynse vertaling van sy naam:
Paulus. Hy offer 'n deel van sy identiteit op, ter wille van die Evangelie van Jesus!

En wat 'n AVONTUURLIKE lewe volg:



In Handelinge 17 is Paulus in Atene:



En dan word hy genooi om te praat by die Areopagus:



Die bymekaar-kom-plek van die filosofie-strominge van die destydse wereld.
En hoe wonderlik sluit hy nie aan by hulle leef-wereld nie:

Die "onbekende God"; die aanhalings van hul bekende digters ens.

En dan die suiwer Evangelie van die gekruisigde en opgestane Christus.

En die reaksie: uitlag ... maar ook geloof: Dionisius, wat later die Biskop
van Rome word. En dit alles oor die gehoorsame "oor-grense-beweeg"
van die Apostel Paulus. Wat 'n inspirasie en voorbeeld!

OK, dis genoeg vir vanaand ... more verder oor Handelinge 29 ...




Sondag 30 Mei 2010

Pinkster-Preke terugskou 3

Pinkster-Preke terugskou 3

Grense na binne moet ook oor
gesteek word: die grense wat soms in gemeentes bestaan.
Ryk vs Arm, Charismaties vs Gereformeerd, Oupas en Oumas vs Kinders ens.
Daarom dat ons gesing het: "Maak die Heilige Gees ons almal een in geloof ..." God-Drie-Enig bring ons bymekaar voor Sy Troon. Deur geloof in Christus, vergader ons as een liggaam, die liggaam van Christus!

In handelinge 6 sien ons die gevolg v
an 'n verstommende Gees-bewerkte groei in die Jerusalem gemeente. Opgewondenheid, meelewing ... maar ook chaos en onbeantwoorde behoeftes.

En dan help die Gees met sy wysheid: elkeen moet sy of haar roeping verstaan en uitleef as liggaam van Christus. Die Apostels (Predikante) moet fokus op gebed en Woord-verkondiging. Die ander leiers (Gemeenteraad) moet bemoedig en bestuur - almal in die regte rigting beduie, sonder baasspelery. En die gelowiges (lidmate) moet DIEN! En so is 'n krisis afgeweer - want die Griekse weduwees is volwaardig deel van die gemeente en MAG NIE afgeskeep word nie.

Die Gees skenk die gemeente toe nuwe wynsakke (strukture / prosesse / 'n kultuur) vir die nuwe wyn wat Hy geskink het na Pinkster.

En Hy wil dit steeds doen vir sy gemeentes regoor planeet aarde.

Die Gees wil inspireer en ons vul me
t durf en moed om in nuwe tye opreg Kerk van Christus te wees - verknog aan Hom, en nie ons planne en strukture nie. Laasgenoemde moet voortdurend reformeer en verander. Maar die wyn, die goeie nuus van Jesus Christus - dit bly Goddank dieselfde! Onvoorwaardelik Gods-Liefde in Christus Jesus, die offerlam en die opgestane Heerser!

Kom, o Gees van God! Kom in al U volheid!






Vrydag 28 Mei 2010

Pinkster-Preke terugskou 2


Pinkster-Preke terugskou 2

Maandagoggend 17 Mei om 10:00 is ons 100 mense wat in Blancogemeente se kerkgebou byeen is. Elkeen met unieke verwagtinge, behoeftes, probleme en vreugdes. En dan gebeur die wonderwerk: die Gees van Pinksterdag 27 na Christus, werk opnuut in harte en gedagtes en liggame in die sokker-mal-jaar van 2010. Beslis nie met vuurwerke en vreemde tale nie. Maar uniek en teer en hard en kragtig – soos wat Hy nodig ag in elke mens-lewe.

Jesus reik uit oor grense – dit het Johannes ons gister herinner in die 4e hoofstuk van sy evangelie. Radikale grense – heilige taboe’s, word deurbreek met onvoorwaardelike LIEFDE!

Handelinge van die Apostels?

En dan vat dokter Lukas ons op reis deur die GEES-verhaal van die vroeë kerk. Die meeste Bybels noem sy tweede boek (na sy gelyknamige evangelie) die “Handelinge van die Apostels.”

So asof hulle die hoofkarakters van die 28 hoofstukke van Handelinge is. So asof hulle die helde is wat manmoedig vasgestaan het teen onderlinge verdeeldheid en uiterlike gevaar vanaf die Romeinse “Empire.” So asof hulle nooit ‘n klomp wegkruipende, stil-swygende, lam-verslaende, astrant-ongelowige en gewone vleis-en-bloed mense was nie. Ja, natuurlik het die GEES hulle verander en getransformeer. Natuurlik het HY hulle visie verbreed en hulle oor grense gevat! Maar hulle sou vir ons wou sê: asseblief, dis die handelinge van die GEES waaroor julle moet feesvier. HY het ten spyte van ons “voete-van-klei” in en deur ons gewerk. Maar moenie dink dis ons selfvertroue en innerlike goedheid nie. Dit was GEES-vertroue ten spyte van ons sondigheid.



Ek skryf later verder oor Handelinge 6 …

Donderdag 27 Mei 2010

Pinkster-Preke terugskou 1

Blancogemeente het op Pinkster-Sondag 23 Mei 2010 die geboorte van die Nuwe Testament Kerk 1983 jaar gelede gevier. Op daardie Sondag in ongeveer 27 na Christus, is die volgelinge van Jesus Christus gevul en getransformeer deur die Heilige Gees. Bang en wegkruipende dissipels het verander in passievolle getuies met Gees-vertroue (anders as self-vertroue)!

Dit was ook die afsluiting van die tweede Pinksterreeks wat ek ooit gelei het. En soos my dominee-Oupa altyd erken het: "Ek preek meeste van die tyd eintlik maar vir myself eerste, en daarna vir die gemeente." Dit was 'n wonderlike ervaring om vir langer is 'n week feitlik net met preek voorbereiding en lewering besig te wees. Interessant ook was die twee identiese eredienste per dag - eerste 10am en daarna 7pm. Die dienste het elke keer egter ietwat verskil - soms 'n ander voorbeeld of bespreking. Hierdie verskille kan te wyte wees aan verskeie moontlikhede: die werking van die Gees; die verskil in atmosfeer in die oggend versus die aand; die energievlakke van die prediker ens. Die grootste groep in die oggende was van die senior lidmate - die mees getroue "erediens-bywoners" in ons gemeente. Wat 'n voorreg om aan die voete te sit van seniors wat die Here voluit dien en die jongeres dra en ondersteun met raad en gebede.

Dis nou 'n paar dae na Pinkster 2010 en ek kyk terug met dankbaarheid oor wat die Here in my gedoen het. Die boek Handelinge is absoluut AMAZING! Die "agter en voor die skerms werk" van die Heilige Gees is so besonders. 'n Paar maal het my binneste uitgeroep: "Here, doen dit tog weer ook in ONS tyd!"

OPSOMMING PINKSTER 2010

Op
Sondag 16 Mei 2010 het die Pinkster eredienste begin. Ons het almal met verwondering onthou waar hierdie tradisie in die NG Kerk vandaan kom: die 1860 herlewing wat in Montagu begin het en daarna via Worcester, Paarl en Wellington die res van Suid-Afrika bereik het. Gaan lees gerus die volledige verhaal hier: http://www.jwipn.com/pdf/1860%20Herlewing-Afrikaans.pdf.

Boodskap 1:

Johannes 4 - Jesus en die Samaritaanse vrou. Soveel grense wat Jesus oorsteek! Soveel geduld aan Sy kant! Die Senior Bybelstudie wat ek lei elke Woensdag oggend, het die Bybelstudie "Die vrou by die put - stap saam met Jesus oor grense" hierdie kwartaal gebruik. Daarin kon elkeen in heelwat meer diepte die besondere gebeure ondersoek en bestudeer. My konklusie is dat Jesus met soveel geduld oor die grens uitreik na 'n stukkende, parmantige, beswadderde en soekende vrou. Hy baklei nie met haar nie, maar help haar om al haar verdedigings-lae een vir een uit te trek, totdat sy broos en smagtend na die EWIGE WATER drink uit God se fontein. En sommer die HELE dorp ook bring na Jesus toe!

“At the beginning of the conversation he did not make himself known to her, but first she caught sight of a thirsty man, then a Jew, then a Rabbi, afterwards a prophet, last of all the Messiah. “She tried to get the better of the thirsty man, she showed dislike of the Jew, she heckled the Rabbi, she was swept off her feet by the prophet, and she adored the Christ”
Ephraem, die Siriese kommentator


More kyk ek terug na die week se preke.

KYRIE ELEISON ... SOLI DEO GLORIA