Sondag 30 Mei 2010

Pinkster-Preke terugskou 3

Pinkster-Preke terugskou 3

Grense na binne moet ook oor
gesteek word: die grense wat soms in gemeentes bestaan.
Ryk vs Arm, Charismaties vs Gereformeerd, Oupas en Oumas vs Kinders ens.
Daarom dat ons gesing het: "Maak die Heilige Gees ons almal een in geloof ..." God-Drie-Enig bring ons bymekaar voor Sy Troon. Deur geloof in Christus, vergader ons as een liggaam, die liggaam van Christus!

In handelinge 6 sien ons die gevolg v
an 'n verstommende Gees-bewerkte groei in die Jerusalem gemeente. Opgewondenheid, meelewing ... maar ook chaos en onbeantwoorde behoeftes.

En dan help die Gees met sy wysheid: elkeen moet sy of haar roeping verstaan en uitleef as liggaam van Christus. Die Apostels (Predikante) moet fokus op gebed en Woord-verkondiging. Die ander leiers (Gemeenteraad) moet bemoedig en bestuur - almal in die regte rigting beduie, sonder baasspelery. En die gelowiges (lidmate) moet DIEN! En so is 'n krisis afgeweer - want die Griekse weduwees is volwaardig deel van die gemeente en MAG NIE afgeskeep word nie.

Die Gees skenk die gemeente toe nuwe wynsakke (strukture / prosesse / 'n kultuur) vir die nuwe wyn wat Hy geskink het na Pinkster.

En Hy wil dit steeds doen vir sy gemeentes regoor planeet aarde.

Die Gees wil inspireer en ons vul me
t durf en moed om in nuwe tye opreg Kerk van Christus te wees - verknog aan Hom, en nie ons planne en strukture nie. Laasgenoemde moet voortdurend reformeer en verander. Maar die wyn, die goeie nuus van Jesus Christus - dit bly Goddank dieselfde! Onvoorwaardelik Gods-Liefde in Christus Jesus, die offerlam en die opgestane Heerser!

Kom, o Gees van God! Kom in al U volheid!






1 opmerking: