Vrydag 30 April 2010

gian groen ok met die maan gepla

en toe frances swanepoel op my facebook die volgende skryf: "ons het verlede jaar geplametdiemaan as 'n internet verw vir ankia se toespraak gebruik. en toe bestaan dit al die tyd..."; toe eers tik ek "met die maan gepla" in op www.google.co.za

results 1 - 10 of about 68,300 for met die maan gepla. (0.25 seconds)

vlooi.co.za
woes.co.za
litnet.co.za
kalahari.net - 'n 2007 gian groen cd


1982 se van schaik verklarende afrikaanse woordeboek verklaar "met die ~ GEPLA, mal met tussenpose" en "deur die ~ GETIK wees, halfmal wees."

maar natuurlik is ons almal met die maan gepla - so skryf john ortberg in sy
skitterende boek "everybody's normal till you get to know them."



maar nou ja - dis naweek en my lysie is laaaaaank en lekkerrrr:

vrydag:
1. begrafnis 11:00 tannie johanna boshoff
2. skoonmoeder kom kuier (sy's fantasties!)
3. braai vanaand
4. stormers vs crusaders 19:00

saterdag:
5. ek en karina ry kaap toe

sondag:
6. andre rieu 3pm

maandag:
7. paspoorte kry by franse ambassade
8. terugry george toe

sjoe - gelukkig is ek met die maan gepla - dus rfa: ready for anything ;-)!


Donderdag 29 April 2010

met die maan gepla
























21 julie 1969 ... apollo 11 ...

niel armstrong ... "one small step for man, one giant leap for mankind" ...

buzz aldrin ... "magnificent desolation."

18 Junie 1969 ... nicolaas francois smit mulder en esperanza mulder gebore in bethlehem, vrystaat, suid-afrika.

eerstelinge vir shylock en elreza mulder

6 ure later ... 'n wit kissie word bestel vir esperanza ...

dokter: "julle moet maar van die seuntjie ook afskeid neem ..."

40 jaar later ... en ek is nog steeds met die maan gepla!

welkom by my blog!