Sondag 30 Mei 2010

Pinkster-Preke terugskou 3

Pinkster-Preke terugskou 3

Grense na binne moet ook oor
gesteek word: die grense wat soms in gemeentes bestaan.
Ryk vs Arm, Charismaties vs Gereformeerd, Oupas en Oumas vs Kinders ens.
Daarom dat ons gesing het: "Maak die Heilige Gees ons almal een in geloof ..." God-Drie-Enig bring ons bymekaar voor Sy Troon. Deur geloof in Christus, vergader ons as een liggaam, die liggaam van Christus!

In handelinge 6 sien ons die gevolg v
an 'n verstommende Gees-bewerkte groei in die Jerusalem gemeente. Opgewondenheid, meelewing ... maar ook chaos en onbeantwoorde behoeftes.

En dan help die Gees met sy wysheid: elkeen moet sy of haar roeping verstaan en uitleef as liggaam van Christus. Die Apostels (Predikante) moet fokus op gebed en Woord-verkondiging. Die ander leiers (Gemeenteraad) moet bemoedig en bestuur - almal in die regte rigting beduie, sonder baasspelery. En die gelowiges (lidmate) moet DIEN! En so is 'n krisis afgeweer - want die Griekse weduwees is volwaardig deel van die gemeente en MAG NIE afgeskeep word nie.

Die Gees skenk die gemeente toe nuwe wynsakke (strukture / prosesse / 'n kultuur) vir die nuwe wyn wat Hy geskink het na Pinkster.

En Hy wil dit steeds doen vir sy gemeentes regoor planeet aarde.

Die Gees wil inspireer en ons vul me
t durf en moed om in nuwe tye opreg Kerk van Christus te wees - verknog aan Hom, en nie ons planne en strukture nie. Laasgenoemde moet voortdurend reformeer en verander. Maar die wyn, die goeie nuus van Jesus Christus - dit bly Goddank dieselfde! Onvoorwaardelik Gods-Liefde in Christus Jesus, die offerlam en die opgestane Heerser!

Kom, o Gees van God! Kom in al U volheid!






Vrydag 28 Mei 2010

Pinkster-Preke terugskou 2


Pinkster-Preke terugskou 2

Maandagoggend 17 Mei om 10:00 is ons 100 mense wat in Blancogemeente se kerkgebou byeen is. Elkeen met unieke verwagtinge, behoeftes, probleme en vreugdes. En dan gebeur die wonderwerk: die Gees van Pinksterdag 27 na Christus, werk opnuut in harte en gedagtes en liggame in die sokker-mal-jaar van 2010. Beslis nie met vuurwerke en vreemde tale nie. Maar uniek en teer en hard en kragtig – soos wat Hy nodig ag in elke mens-lewe.

Jesus reik uit oor grense – dit het Johannes ons gister herinner in die 4e hoofstuk van sy evangelie. Radikale grense – heilige taboe’s, word deurbreek met onvoorwaardelike LIEFDE!

Handelinge van die Apostels?

En dan vat dokter Lukas ons op reis deur die GEES-verhaal van die vroeë kerk. Die meeste Bybels noem sy tweede boek (na sy gelyknamige evangelie) die “Handelinge van die Apostels.”

So asof hulle die hoofkarakters van die 28 hoofstukke van Handelinge is. So asof hulle die helde is wat manmoedig vasgestaan het teen onderlinge verdeeldheid en uiterlike gevaar vanaf die Romeinse “Empire.” So asof hulle nooit ‘n klomp wegkruipende, stil-swygende, lam-verslaende, astrant-ongelowige en gewone vleis-en-bloed mense was nie. Ja, natuurlik het die GEES hulle verander en getransformeer. Natuurlik het HY hulle visie verbreed en hulle oor grense gevat! Maar hulle sou vir ons wou sê: asseblief, dis die handelinge van die GEES waaroor julle moet feesvier. HY het ten spyte van ons “voete-van-klei” in en deur ons gewerk. Maar moenie dink dis ons selfvertroue en innerlike goedheid nie. Dit was GEES-vertroue ten spyte van ons sondigheid.



Ek skryf later verder oor Handelinge 6 …

Donderdag 27 Mei 2010

Pinkster-Preke terugskou 1

Blancogemeente het op Pinkster-Sondag 23 Mei 2010 die geboorte van die Nuwe Testament Kerk 1983 jaar gelede gevier. Op daardie Sondag in ongeveer 27 na Christus, is die volgelinge van Jesus Christus gevul en getransformeer deur die Heilige Gees. Bang en wegkruipende dissipels het verander in passievolle getuies met Gees-vertroue (anders as self-vertroue)!

Dit was ook die afsluiting van die tweede Pinksterreeks wat ek ooit gelei het. En soos my dominee-Oupa altyd erken het: "Ek preek meeste van die tyd eintlik maar vir myself eerste, en daarna vir die gemeente." Dit was 'n wonderlike ervaring om vir langer is 'n week feitlik net met preek voorbereiding en lewering besig te wees. Interessant ook was die twee identiese eredienste per dag - eerste 10am en daarna 7pm. Die dienste het elke keer egter ietwat verskil - soms 'n ander voorbeeld of bespreking. Hierdie verskille kan te wyte wees aan verskeie moontlikhede: die werking van die Gees; die verskil in atmosfeer in die oggend versus die aand; die energievlakke van die prediker ens. Die grootste groep in die oggende was van die senior lidmate - die mees getroue "erediens-bywoners" in ons gemeente. Wat 'n voorreg om aan die voete te sit van seniors wat die Here voluit dien en die jongeres dra en ondersteun met raad en gebede.

Dis nou 'n paar dae na Pinkster 2010 en ek kyk terug met dankbaarheid oor wat die Here in my gedoen het. Die boek Handelinge is absoluut AMAZING! Die "agter en voor die skerms werk" van die Heilige Gees is so besonders. 'n Paar maal het my binneste uitgeroep: "Here, doen dit tog weer ook in ONS tyd!"

OPSOMMING PINKSTER 2010

Op
Sondag 16 Mei 2010 het die Pinkster eredienste begin. Ons het almal met verwondering onthou waar hierdie tradisie in die NG Kerk vandaan kom: die 1860 herlewing wat in Montagu begin het en daarna via Worcester, Paarl en Wellington die res van Suid-Afrika bereik het. Gaan lees gerus die volledige verhaal hier: http://www.jwipn.com/pdf/1860%20Herlewing-Afrikaans.pdf.

Boodskap 1:

Johannes 4 - Jesus en die Samaritaanse vrou. Soveel grense wat Jesus oorsteek! Soveel geduld aan Sy kant! Die Senior Bybelstudie wat ek lei elke Woensdag oggend, het die Bybelstudie "Die vrou by die put - stap saam met Jesus oor grense" hierdie kwartaal gebruik. Daarin kon elkeen in heelwat meer diepte die besondere gebeure ondersoek en bestudeer. My konklusie is dat Jesus met soveel geduld oor die grens uitreik na 'n stukkende, parmantige, beswadderde en soekende vrou. Hy baklei nie met haar nie, maar help haar om al haar verdedigings-lae een vir een uit te trek, totdat sy broos en smagtend na die EWIGE WATER drink uit God se fontein. En sommer die HELE dorp ook bring na Jesus toe!

“At the beginning of the conversation he did not make himself known to her, but first she caught sight of a thirsty man, then a Jew, then a Rabbi, afterwards a prophet, last of all the Messiah. “She tried to get the better of the thirsty man, she showed dislike of the Jew, she heckled the Rabbi, she was swept off her feet by the prophet, and she adored the Christ”
Ephraem, die Siriese kommentator


More kyk ek terug na die week se preke.

KYRIE ELEISON ... SOLI DEO GLORIA





Dinsdag 18 Mei 2010

PINKSTER 2010

Ek is besig met Pinkster 2010 - die 2e Pinksterreeks wat ek ooit hou. Die vorige was in 2007 toe ek as "nuwe dominee" 'n reeks gehou het met die tema: Aansteeklike Christenskap (na aanleiding van die evangelisasie kursus van Bill Hybels.) Tydens Pinkster 2007 het die Outeniqua-berge so gelyk:

Ek onthou dit was KOUD!

Vir die eerste maal het ons, veral ter wille van ouer mense wat nie in die aande wil uitgaan nie, 'n 10 uur diens gehou wat dan 7uur die aand herhaal is. Gister het ek uit my argiewe foto's van 2007 gewys vir die gemeente en ook nuwe's geneem: onder andere om die grens tussen die 10am en 7pm groepe te help oorsteek.

2007



2010



2007



2010





Vir die reeks gebruik ek die "GROEI OOR GRENSE" konsep van die Luisterseisoen
met Johannes 4 en verskeie tekste uit Handelinge.

Ek geniet dit geweldig - "I could get used to just preparing and preaching!"

Later in die week meer detail oor die reeks, maar vir eers net 'n foto van my
in liturgiese drag vir vanoggend se preek oor die evangelie wat AFRIKA bereik het via die
"oor-grense-beweeg" van Filippus toe hy die Ethiopiese minister van finansies na Jesus
gelei het - uit die ou verbond na die NUWE in Christus!


















Dinsdag 11 Mei 2010

hemelvaart herdenking 13 mei 2010

dis interessant om te weet dat heelwat europese lande die herdenking van hemelvaart tot 'n openbare vakansie-dag uitroep.

wikipedia berig: "in some countries (e.g. austria, belgium, croatia, denmark, finland, france, germany, iceland, indonesia, netherlands, norway, sweden, switzerland and vanuatu) it is a public holiday; germany also holds its fathers' day on the same date."

die interessantste hemelvaart kunswerk wat ek kon opspoor, is van george grie:



weereens wikipedia:

george grie (born may 14, 1962) is a russian-canadian artist.

one of the first digital neo-surrealist artists, grie is known for numerous 3d, 2d, and matte painting images. born in the ussr during the soviet regime (aka russian: Джордж Грие or Юрий Грибановский) he did not adopt the conventional and politically correct socialist realism art style, but chose instead to follow the more controversial path of modern surrealism.


maar natuurlik voor hemelvaart is dit eers paasfees - die grootste fees!

hier's 'n paar foto's van blancogemeente se fees op 4 april 2010:





Maandag 10 Mei 2010

europa 2010 program



Theo Francois Roshai Karina Marize Mulder



05-jun leaving from george (south africa)


arriving at or tambo (south africa)


leaving for middelburg


06-jun preaching @ ligkruis (south africa)




07-jun seasons eco-golf estate magaliesburg (south africa)


08-jun seasons eco-golf estate magaliesburg


09-jun seasons eco-golf estate magaliesburg


10-jun seasons eco-golf estate magaliesburg


11-jun leaving from johannesburg (south africa)



12-jun landing at heathrow london (england)
12-jun stephen + natashia mulder – somersham (england)
13-jun stephen + natashia mulder - somersham

14-jun stephen + natashia mulder - somersham



15-jun frederik + suzette mulder - bishops stortford (england)

16-jun frederik + suzette mulder - bishops stortford

17-jun london - paris eurostar

all seasons compiegne – paris (france)



18-jun rental car: citroen c5 (paris airport)


kawan village: la vanne de pierre - des vosges (france)


19-jun kawan village: la vanne de pierre - des vosges

20-jun kawan village: la vanne de pierre - des vosges

21-jun kawan village: la vanne de pierre - des vosges

22-jun kawan village: la vanne de pierre - des vosges

23-jun kawan village: la vanne de pierre - des vosges

24-jun kawan village: la vanne de pierre - des vosges


25-jun eurocamp: annecy doussard, la ravoire (france)

26-jun eurocamp: annecy doussard, la ravoire

27-jun eurocamp: annecy doussard, la ravoire

28-jun eurocamp: annecy doussard, la ravoire

29-jun eurocamp: annecy doussard, la ravoire

30-jun eurocamp: annecy doussard, la ravoire

01-jul eurocamp: annecy doussard, la ravoire

02-jul eurocamp: annecy doussard, la ravoire

03-jul eurocamp: annecy doussard, la ravoire


04-jul huttopia: senonches (france)

05-jul huttopia: senonches

06-jul huttopia: senonches

07-jul huttopia: senonches

08-jul huttopia: senonches

09-jul huttopia: senonches

10-jul huttopia: senonches

11-jul huttopia: senonches




12-jul all seasons fontenay – paris (france)


13-jul paris - london eurostar


leaving from heathrow london (england)


14-jul arriving at or tambo (south africa)


leaving for george (south africa)