Dinsdag 08 Junie 2010

ONS trippie fotos

Vir al ons fotos wat ons voortdurend sal opdateer kliek hierdie link
http://www.facebook.com/album.php?aid=189949&id=531594917&l=b4ad5dc97c



HLANGANANI NAZARETH UPLIFTMENT CENTRE MIDDELBURG MPUMALANGA
MULDERS VAN ENTAMBENI EN MULDERS VAN BARBERTON EN MY OOM JOHANNES KELBER







































Donderdag 03 Junie 2010

Woensdag 02 Junie 2010

Pinkster-Preke terugskou 4



Ons 5 (die pa, die ma, die oudste, die middelste en die kleintjie) is erg besig met regmaak vir die GROOT Europa vakansie. Nog 3 slapies, dan vlieg ons kulula-styl Egoli toe. Dan ry ons Mpumalanga Middelburg toe - ons tuiste vanaf 1995 tot Desember 2006. Sondag preek ek na 185 Sondae weer in Ligkruis gemeente ( http://ngligkruis.blogspot.com ) en kuier die naweek by my x-kollega Petri en Elriza Coetzee en kids.

Ek vermoed hierdie sal my laaste blog-inskrywing vir die res van die week wees.
Daarom dat ek die res van die Pinkster
in 1 skrywe gaan kafdraf ;-)!

Preek 3 uit Handelinge 8 : 26 - 40 :
Filippus steek grense oor


Die Gees se geheime plan: AFRIKA vir Jesus!
En Filippus onderrig die Minister van Finansies van Ethiopie. En die Evangelie bereik Afrika.
Ons het gekyk n
a Jesaja 53 : 7 - 8 wat die ontmande Ethiopier aan die lees was.
Ook die slegte nuus van Deuteronom
ium 23:1 ... en toe die Goeie Nuus van Jesaja 56 : 3 - 5.
En soos die 7 diakens van Handelinge 6, word Filippus en
die Ethiopier BRUGBOUERS na ander ter wille van Jesus!

'Nkosi 'sikeleli Afrika:

Seën ons Here God,

seën Afrika

Laat haar mag

tot in die hemel reik

Hoor ons as ons in gebede vra

Seën ons, in Afrika

Kinders van Afrika

Hou u hand o Heer,

oor Afrika

Lei ons tot by eenheid

en begrip

Hoor ons as ons U

om vrede vra

Seën ons in Afrika

Kinders van Afrika


Preek 4 uit Handelinge 10 :
Petrus steek grense oor



En die Gees besluit dat die "Hoof-Indoena" van die Kerk,

Petrus, die Rots, "geswaai" moet word vanaf die "Ou Verbond"

na die NUWE in Christus.

Verlossing NIE meer via 'n spesifieke volk en kultuur nie,

maar vir ALMAL via Jesus Christus alleenlik!


En 3x is dit vir Hom nodig om in 'n visioen Petrus voor te berei

vir die koms van "heidene" na sy voordeur. En daarna nog 'n "fluister"

in sy oor, om hom finaal te oortuig: die Goeie Nuus is vir ALMAL!

Ook vir 'n Kaptein van die Romeinse Onderdrukker-Weermag.



Natuurlik, is Petrus soos elke mens in die Bybel, uitgesluit Jesus,

iemand met voete van klei. Daarom die 'skermutseling' met Paulus

in Galasiers 2 waar hy aangespreek word oor sy skynheiligheid

om Joodse christene uit Jerusalem te beindruk deur skielik nie

meer saam met 'heiden-christene' te eet nie.


Maar die Gees bewerk die wonderwerk van 'n eenheids-besluit

in Handelinge 15 by die eerste sinode van die kerk:

Redding - net deur geloof in Jesus Christus!

Joodse kultuur-wette geld nie meer nie!

En die Gees werk deur Petrus (Handelinge 10 & 15),

en wil ook deur JOU werk:

Die kode-woorde is DURF, MOED, GEHOORSAAMHEID!




Preek 5 uit Handelinge 17 : 16 - 34
Paulus steek grense oor



Eers is hy Saulus ... en daarna gebruik hy die Latynse vertaling van sy naam:
Paulus. Hy offer 'n deel van sy identiteit op, ter wille van die Evangelie van Jesus!

En wat 'n AVONTUURLIKE lewe volg:



In Handelinge 17 is Paulus in Atene:



En dan word hy genooi om te praat by die Areopagus:



Die bymekaar-kom-plek van die filosofie-strominge van die destydse wereld.
En hoe wonderlik sluit hy nie aan by hulle leef-wereld nie:

Die "onbekende God"; die aanhalings van hul bekende digters ens.

En dan die suiwer Evangelie van die gekruisigde en opgestane Christus.

En die reaksie: uitlag ... maar ook geloof: Dionisius, wat later die Biskop
van Rome word. En dit alles oor die gehoorsame "oor-grense-beweeg"
van die Apostel Paulus. Wat 'n inspirasie en voorbeeld!

OK, dis genoeg vir vanaand ... more verder oor Handelinge 29 ...