Vrydag 28 Mei 2010

Pinkster-Preke terugskou 2


Pinkster-Preke terugskou 2

Maandagoggend 17 Mei om 10:00 is ons 100 mense wat in Blancogemeente se kerkgebou byeen is. Elkeen met unieke verwagtinge, behoeftes, probleme en vreugdes. En dan gebeur die wonderwerk: die Gees van Pinksterdag 27 na Christus, werk opnuut in harte en gedagtes en liggame in die sokker-mal-jaar van 2010. Beslis nie met vuurwerke en vreemde tale nie. Maar uniek en teer en hard en kragtig – soos wat Hy nodig ag in elke mens-lewe.

Jesus reik uit oor grense – dit het Johannes ons gister herinner in die 4e hoofstuk van sy evangelie. Radikale grense – heilige taboe’s, word deurbreek met onvoorwaardelike LIEFDE!

Handelinge van die Apostels?

En dan vat dokter Lukas ons op reis deur die GEES-verhaal van die vroeë kerk. Die meeste Bybels noem sy tweede boek (na sy gelyknamige evangelie) die “Handelinge van die Apostels.”

So asof hulle die hoofkarakters van die 28 hoofstukke van Handelinge is. So asof hulle die helde is wat manmoedig vasgestaan het teen onderlinge verdeeldheid en uiterlike gevaar vanaf die Romeinse “Empire.” So asof hulle nooit ‘n klomp wegkruipende, stil-swygende, lam-verslaende, astrant-ongelowige en gewone vleis-en-bloed mense was nie. Ja, natuurlik het die GEES hulle verander en getransformeer. Natuurlik het HY hulle visie verbreed en hulle oor grense gevat! Maar hulle sou vir ons wou sê: asseblief, dis die handelinge van die GEES waaroor julle moet feesvier. HY het ten spyte van ons “voete-van-klei” in en deur ons gewerk. Maar moenie dink dis ons selfvertroue en innerlike goedheid nie. Dit was GEES-vertroue ten spyte van ons sondigheid.



Ek skryf later verder oor Handelinge 6 …

1 opmerking:

  1. Gees vertroue ten speite van ons sondigheid - wonderlik - die oor grense gaan is pragtig. Die verassende en radikale gebeure by Golgota en die lee graf breek deur die magstrukture en konfensies van dooie en boring kerkwees.

    Jou blog is great ds Franna!

    Ferdie

    AntwoordVee uit