Dinsdag 18 Mei 2010

PINKSTER 2010

Ek is besig met Pinkster 2010 - die 2e Pinksterreeks wat ek ooit hou. Die vorige was in 2007 toe ek as "nuwe dominee" 'n reeks gehou het met die tema: Aansteeklike Christenskap (na aanleiding van die evangelisasie kursus van Bill Hybels.) Tydens Pinkster 2007 het die Outeniqua-berge so gelyk:

Ek onthou dit was KOUD!

Vir die eerste maal het ons, veral ter wille van ouer mense wat nie in die aande wil uitgaan nie, 'n 10 uur diens gehou wat dan 7uur die aand herhaal is. Gister het ek uit my argiewe foto's van 2007 gewys vir die gemeente en ook nuwe's geneem: onder andere om die grens tussen die 10am en 7pm groepe te help oorsteek.

2007



2010



2007



2010





Vir die reeks gebruik ek die "GROEI OOR GRENSE" konsep van die Luisterseisoen
met Johannes 4 en verskeie tekste uit Handelinge.

Ek geniet dit geweldig - "I could get used to just preparing and preaching!"

Later in die week meer detail oor die reeks, maar vir eers net 'n foto van my
in liturgiese drag vir vanoggend se preek oor die evangelie wat AFRIKA bereik het via die
"oor-grense-beweeg" van Filippus toe hy die Ethiopiese minister van finansies na Jesus
gelei het - uit die ou verbond na die NUWE in Christus!


















1 opmerking: