Donderdag 06 Mei 2010

die tydbom tik ... sing stef bos



tydbom

ek ry in my kar
deur die vlakte in die kaap
die son skyn oor die see
by gordonsbaai
en ek sien waar ek kyk
die gesigte van die land
en ek sien langs die pad
hoe die veld brand

die struggle is verby
die nuwe tyd is lankal daar
maar die rykes word ryker
en die armes kry swaar
en ek sien op die teerpad
by muizenbergstrand
die shaks van khailitisha
en die plakkerskamp

en ek hoor die tijdbom tik
tik tik tik
die tijdbom tik

die rook hang boe langa
die vliegtuie styg op
en 'n swart man by die robot
wil my ‘n sonbril verkoop
wat gaan aan in sy kop
en wat dink hy oor my
daar was so baie beloftes
maar wat het hy gekry

en ek sou hom wil vra
wie hy is hoe hy leef
maar die robot raak groen
en my kar moet beweeg
en die kaap lyk so mooi
in die somerse son
en die wind is so stil
dit voel asof daar
‘n storm gaan kom

en ek luister na musiek
tap my vingers op die stuurwiel tik,tik,tik
die tydbom tik
die tydbom tik

die kleure van die reënboog
weggespoel deur die geweld
wie diktatuur van toe
is nou die diktatuur van geld
die ideale word verkoop
die kapitaal is aan die mag
en steve biko is moeg en
draai homself om in sy graf
want wat hy sien
maak hom siek

want die tydbom tik
die tijdbom tik

jy kan vere voel vir die toestand
in hierdie land
jy kan ook 'n brug bou
na die ander kant
jy kan na die tv kyk
tot die oggendlig
jy kan jou oë sluit
met 'n sepie of 'n fliek
maar die tijdbom tik
tik tik tik
die tijdbom tik

www.amazon.co.uk maan-verslaafde produkte ;-)


op 21 julie 2009 was dit presies 40 jaar sedert niel armstrong en buzz aldrin
se voetspore die maan-kors ge-graffiti-eer het.

ek het op 19 julie 2009 in my preek 'n verband getrek tussen niel se woorde en jesus se verlossing van die mensdom:
"jesus christ - one terrible step for god; but thank god, one wonderful gift to mankind!"

as sentimentele dophouer van die mensdom se geskiedenis saam met die maan,
het ek ook verlede jaar ter herdenking 'n paar internet-kopies gemaak:
simboliese handelinge op 21-07-2009 ;-)!


1. in the shadow of the moon - 2007 - http://www.amazon.co.uk/Shadow-Moon-DVD-John-Young/dp/B000X9VU5W/ref=sr_1_1?ie=UTF8&s=dvd&qid=1273140369&sr=1-1

2. nasa's greatest missions - 2009 - http://www.amazon.co.uk/gp/product/B001SHTWU8/ref=oss_product

3. hbo: from the earth to the moon - 2006 - http://www.amazon.co.uk/Earth-Moon-Tom-Hanks-Signature/dp/B000CQ97OC/ref=pd_bxgy_d_h__text_c




Woensdag 05 Mei 2010

950 kilometer ... andre rieu ... grand west casino


wat 'n ongelooflike naweek - net ek en my liefie ...
vineyard hotel naby nuweland ... andre rieu ...
"my sarie marais ... tula tula slaap sag ...
kimmi (the black pearl of south africa) wat "my african dream"
sing met die trane wat rol oor andre se wange ... 'n belewenis ...

natuurlik bly u2 se popmart show van
21 maart 1998 in johannes burg my all-time favourite
lewendige konsert. maar dit was fantastiese saam met my liefling!

Vrydag 30 April 2010

gian groen ok met die maan gepla

en toe frances swanepoel op my facebook die volgende skryf: "ons het verlede jaar geplametdiemaan as 'n internet verw vir ankia se toespraak gebruik. en toe bestaan dit al die tyd..."; toe eers tik ek "met die maan gepla" in op www.google.co.za

results 1 - 10 of about 68,300 for met die maan gepla. (0.25 seconds)

vlooi.co.za
woes.co.za
litnet.co.za
kalahari.net - 'n 2007 gian groen cd


1982 se van schaik verklarende afrikaanse woordeboek verklaar "met die ~ GEPLA, mal met tussenpose" en "deur die ~ GETIK wees, halfmal wees."

maar natuurlik is ons almal met die maan gepla - so skryf john ortberg in sy
skitterende boek "everybody's normal till you get to know them."



maar nou ja - dis naweek en my lysie is laaaaaank en lekkerrrr:

vrydag:
1. begrafnis 11:00 tannie johanna boshoff
2. skoonmoeder kom kuier (sy's fantasties!)
3. braai vanaand
4. stormers vs crusaders 19:00

saterdag:
5. ek en karina ry kaap toe

sondag:
6. andre rieu 3pm

maandag:
7. paspoorte kry by franse ambassade
8. terugry george toe

sjoe - gelukkig is ek met die maan gepla - dus rfa: ready for anything ;-)!


Donderdag 29 April 2010

met die maan gepla
























21 julie 1969 ... apollo 11 ...

niel armstrong ... "one small step for man, one giant leap for mankind" ...

buzz aldrin ... "magnificent desolation."

18 Junie 1969 ... nicolaas francois smit mulder en esperanza mulder gebore in bethlehem, vrystaat, suid-afrika.

eerstelinge vir shylock en elreza mulder

6 ure later ... 'n wit kissie word bestel vir esperanza ...

dokter: "julle moet maar van die seuntjie ook afskeid neem ..."

40 jaar later ... en ek is nog steeds met die maan gepla!

welkom by my blog!