Ons 5 (die pa, die ma, die oudste, die middelste en die kleintjie) is erg besig met regmaak vir die GROOT Europa vakansie. Nog 3 slapies, dan vlieg ons kulula-styl Egoli toe. Dan ry ons Mpumalanga Middelburg toe - ons tuiste vanaf 1995 tot Desember 2006. Sondag preek ek na 185 Sondae weer in Ligkruis gemeente ( http://ngligkruis.blogspot.com ) en kuier die naweek by my x-kollega Petri en Elriza Coetzee en kids.
Ek vermoed hierdie sal my laaste blog-inskrywing vir die res van die week wees.
Daarom dat ek die res van die Pinkster in 1 skrywe gaan kafdraf ;-)!
Preek 3 uit Handelinge 8 : 26 - 40 :
Filippus steek grense oor
Die Gees se geheime plan: AFRIKA vir Jesus!
En Filippus onderrig die Minister van Finansies van Ethiopie. En die Evangelie bereik Afrika.
Ons het gekyk na Jesaja 53 : 7 - 8 wat die ontmande Ethiopier aan die lees was.
Ook die slegte nuus van Deuteronomium 23:1 ... en toe die Goeie Nuus van Jesaja 56 : 3 - 5.
En soos die 7 diakens van Handelinge 6, word Filippus en die Ethiopier BRUGBOUERS na ander ter wille van Jesus!
Seën ons Here God,
seën Afrika
Laat haar mag
tot in die hemel reik
Hoor ons as ons in gebede vra
Seën ons, in Afrika
Kinders van Afrika
Hou u hand o Heer,
oor Afrika
Lei ons tot by eenheid
en begrip
Hoor ons as ons U
om vrede vra
Seën ons in Afrika
Kinders van Afrika
Preek 4 uit Handelinge 10 :
Petrus steek grense oor
En die Gees besluit dat die "Hoof-Indoena" van die Kerk,
Petrus, die Rots, "geswaai" moet word vanaf die "Ou Verbond"
na die NUWE in Christus.
Verlossing NIE meer via 'n spesifieke volk en kultuur nie,
maar vir ALMAL via Jesus Christus alleenlik!
En 3x is dit vir Hom nodig om in 'n visioen Petrus voor te berei
vir die koms van "heidene" na sy voordeur. En daarna nog 'n "fluister"
in sy oor, om hom finaal te oortuig: die Goeie Nuus is vir ALMAL!
Ook vir 'n Kaptein van die Romeinse Onderdrukker-Weermag.
Natuurlik, is Petrus soos elke mens in die Bybel, uitgesluit Jesus,
iemand met voete van klei. Daarom die 'skermutseling' met Paulus
in Galasiers 2 waar hy aangespreek word oor sy skynheiligheid
om Joodse christene uit Jerusalem te beindruk deur skielik nie
meer saam met 'heiden-christene' te eet nie.
Maar die Gees bewerk die wonderwerk van 'n eenheids-besluit
in Handelinge 15 by die eerste sinode van die kerk:
Redding - net deur geloof in Jesus Christus!
Joodse kultuur-wette geld nie meer nie!
En die Gees werk deur Petrus (Handelinge 10 & 15),
en wil ook deur JOU werk:
Die kode-woorde is DURF, MOED, GEHOORSAAMHEID!Preek 5 uit Handelinge 17 : 16 - 34
Paulus steek grense oor
Eers is hy Saulus ... en daarna gebruik hy die Latynse vertaling van sy naam:
Paulus. Hy offer 'n deel van sy identiteit op, ter wille van die Evangelie van Jesus!
En wat 'n AVONTUURLIKE lewe volg:
In Handelinge 17 is Paulus in Atene:
En dan word hy genooi om te praat by die Areopagus:
Die bymekaar-kom-plek van die filosofie-strominge van die destydse wereld.
En hoe wonderlik sluit hy nie aan by hulle leef-wereld nie:
Die "onbekende God"; die aanhalings van hul bekende digters ens.
En dan die suiwer Evangelie van die gekruisigde en opgestane Christus.
En die reaksie: uitlag ... maar ook geloof: Dionisius, wat later die Biskop
van Rome word. En dit alles oor die gehoorsame "oor-grense-beweeg"
van die Apostel Paulus. Wat 'n inspirasie en voorbeeld!
OK, dis genoeg vir vanaand ... more verder oor Handelinge 29 ...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking