Pinkster-Preke terugskou 3
Grense na binne moet ook oorgesteek word: die grense wat soms in gemeentes bestaan.
Ryk vs Arm, Charismaties vs Gereformeerd, Oupas en Oumas vs Kinders ens.
Daarom dat ons gesing het: "Maak die Heilige Gees ons almal een in geloof ..." God-Drie-Enig bring ons bymekaar voor Sy Troon. Deur geloof in Christus, vergader ons as een liggaam, die liggaam van Christus!
In handelinge 6 sien ons die gevolg van 'n verstommende Gees-bewerkte groei in die Jerusalem gemeente. Opgewondenheid, meelewing ... maar ook chaos en onbeantwoorde behoeftes.
En dan help die Gees met sy wysheid: elkeen moet sy of haar roeping verstaan en uitleef as liggaam van Christus. Die Apostels (Predikante) moet fokus op gebed en Woord-verkondiging. Die ander leiers (Gemeenteraad) moet bemoedig en bestuur - almal in die regte rigting beduie, sonder baasspelery. En die gelowiges (lidmate) moet DIEN! En so is 'n krisis afgeweer - want die Griekse weduwees is volwaardig deel van die gemeente en MAG NIE afgeskeep word nie.
Die Gees skenk die gemeente toe nuwe wynsakke (strukture / prosesse / 'n kultuur) vir die nuwe wyn wat Hy geskink het na Pinkster.
En Hy wil dit steeds doen vir sy gemeentes regoor planeet aarde.
Die Gees wil inspireer en ons vul met durf en moed om in nuwe tye opreg Kerk van Christus te wees - verknog aan Hom, en nie ons planne en strukture nie. Laasgenoemde moet voortdurend reformeer en verander. Maar die wyn, die goeie nuus van Jesus Christus - dit bly Goddank dieselfde! Onvoorwaardelik Gods-Liefde in Christus Jesus, die offerlam en die opgestane Heerser!
Kom, o Gees van God! Kom in al U volheid!
Beautiful! Ek wens ek was in jou gemeente Gommie....
AntwoordVee uit