REPLIEK OP
ABEL PIENAAR SE "DOODSBERIG"
14 Julie 2013
Dis
Sondag oggend en ek wag vir my weeklikse Rapport-smous, Daniël Arendse. Ons
deal is ek koop die koerant vir R20. En nou en dan ietsie ekstra te ete. En
altyd ‘n gratis grappie of twee. Maar Daniël is skoonveld vanoggend en die
kerkklok het al die eerste maal geroep oor Blanco. Daar’s geen haas by my nie,
want dis my af-Sondag: geen verpligtinge tot Maandag! Dan’s dit voorlopig die
tweede beste: m.news24.com/Rapport/ op my BlackBerry (klein
skermpie) of www.rapport.co.za met die laptop (groter
skerm).
Ek
scan vinnig op my selfoon die hoofberigte. Drie trek my aandag: Kurt
in ‘dood se akker’, Joost is kosgroep se held (ek wonder
watter franchise?) en onder die OPINIE hofie is dit Kop & Hart: Is vandag dalk
dié dag? Ek vind 1-2-3 uit dis Nando’s & Joost wat saam kraai
en is daarna beïndruk met Jacques Steenkamp se skryfstyl in sy berig oor Kurt.
Dan kliek ek my weg oop na Abel Pienaar se gereelde rubriek/blog op my selfoon.
Ek moet bieg dat ek vroeër die week via twitter op ‘n ander wyse aangetrek is
tot sy artikel, maar beplan het om dit in die koerant self te lees. Rapport het
tweetend begin met:
Abel: n Blou
voëltjie kom sit elke sonsopkoms op jou vensterbank en sing: “Is vandag dalk
die dag wat jy gaan sterf?” http://bit.ly/12FUxgw
In
reaksie het ‘n twitteraar getweet:
Die
tweet-gesprek het so afgesluit:
Ek
hou van Abel Pienaar! Hy’t met die mannemoed van sy oortuiging die Kerk as sy
werkgewer verlaat omdat sy standpunte verander het. Eerder as om net in woorde
maar nie met sy hart die boodskap te preek en steeds te pay nie, het hy nuut
begin. Dit vat guts!
Maar
ek hou ook van sy haarstyl. Dalk is dit omdat my Dominee-Oupa via sy gene my
ook ‘n kaalkop-lewe geskenk het.
Verder
is ek baie beïndruk met sy welbelese skryfstyl: ‘n sinvolle aanhaling hier en
‘n diepsinnige vraag daar.
Na
my eerste lees van die artikel tweet ek:
Baie
goeie uiteensetting v doodsbeskouings wêreldwyd deur Abel Pienaar. Vir my bly
Jesus se vraag in Johannes 11:25-26! @RapportSA @waldimar
In die artikel [beskikbaar by http://www.rapport.co.za/Opinie/Blogs/Kop-Hart-Is-vandag-dalk-die-dag-20130711 ] luister
ons na aanhalings en wyshede van Lemony
Snicket, Gabriel García Márquez,
Epicurus, Joseph Campbell, Kahlil
Gibran, Walt Whitman, Elisabeth Kübler-Ross, Dr. Piet Muller, Kahlil Gibran en Bertolt
Brecht. Die voëlvlug oor huidige en antieke doodsbeskouings vat ons terug
na die antieke Egiptenare en Vikings. Ons raak aan die idees van
Zoroastrianisme, die Christelike Katolisisme, Zen Boeddhisme, die Christendom,
Islam en die Judaïsme. Ons angstigheid vir die dood word meesterlik uitgewys in
die huidige kommer oor Nelson Mandela.
Maar
moenie dink Abel bly objektief nie – niemand kan nie, ek inkluis! Natuurlik
“preek” hy op sy interessante en gemaklike manier “sy” verstaan. En boonop met
‘n verfrissende “dis my opinie” gesindheid. Maar onderliggend is daar wel ‘n
meerderwaardige “maak tog net julle oë oop uit jul antieke pre-moderne wêreld
en kom by!” Die miljoene der miljoene wat anders as Abel glo, word hul opinie
gegun, maar byna jammer gekry. Want alles in hul gedagtes oor God en dood en
hiernamaals is verstaanbare konstrukte van angstige mense. DUS: dis
verstaanbaar dat julle so dink, maar dis tragies dat julle nie besef jul vrese
en gedagtes “kul julle hier en kul julle daar” om nie die ondraaglike
onsekerheid te omarm nie.
John Lennon het
reeds in 1970 in sy lied God verklaar:
“God is a Concept
by which we measure our pain.” Abel verwoord dieselfde konsep as hy die geloof
in 'n lewe na die dood beskryf as 'n mensgeskepte konstruk.
Natuurlik is ek dit 100% eens met Abel dat ons
as sterflike mensekinders bewustelik die dood in die oë moet kyk. Daarom is die
“so vêr as moontlik wegskuif” van die werklikheid van die dood in ons
samelewing na AVBOB en SAFFAS wat alles namens ons hanteer sodat ons die
finaliteit van die dood (ook met ons medikasie) kan vermy, baie ongesond. Toe Jesus die “tekens van die tye” verduidelik het,
was dit alles gebeure wat jou as mens konfronteer met jou eie dood. In Matteus
16:3 hoor ons Sy woorde: “Julle weet hoe om die voorkoms van die lug te
beoordeel, maar die tekens van die tye kan julle nie onderskei nie.” Ook in Lukas
13: 1 – 5 gesels Jesus en die dissipels oor die Galileërs vir wie Pilatus laat
doodmaak het waar hulle besig was om hulle offerdiere te slag in die tempel.
Jesus noem dan die agtien mense wat dood is toe die toring van Siloam
ineengestort het. En Jesus se konklusie oor die dissipels se spekulasie en
hierdie gebeurtenis as ‘n “teken van die tyd”? Die Boodskap vertaling klink so:
“Hou op om allerhande uitsprake oor ander se lewe te maak. Kry liewer julle eie
lewe in orde. Binnekort is julle ook dood. Dan is dit te laat om julle saak met
God reg te maak.”
Abel is reg - bewustelik en/of onderbewustelik
benodig ons 'n ont-angeling van die dood. Sy oplossing: “Die oomblik wat jy vrede maak met jou eie sterflikheid, verloor die dood sy angel.” Aanvaarding dus.
Ek dink daar’s baie goeie voorskrifte wat gerus uitgeskryf en gebruik
kan word, wat die simptome van ons angstigheid oor die dood kan aanspreek.
Ek sou beslis lag-terapie met
die hulp van Monty Python en kie voorskryf:
Always Look on the Bright Side
of Life (from Monty Python)
For
life is quite absurdAnd death's the final word
You must always face the curtain with a bow.
Forget about your sin - give the audience a grin
Enjoy it - it's your last chance anyhow.
So always look on the bright side of death
Just before you draw your terminal breath
Life's a laugh and death's a joke, it's true.
You'll see it's all a show
Keep 'em laughing as you go
Just remember that the last laugh is on you.
And always look on the bright side of life...
‘n Verdere voorskrif sal huil-terapie
wees: kyk saam met geliefdes of alleen na die briljante Shadowlands met Anthony
Hopkins wat CS Lewis vertolk. Lewis se worsteling met die dood van sy vrou Joy
is rou en eerlik. Hopkins se vertolking is meesterlik en het hom ‘n Oscar-benoeming
besorg (ongelukkig het hy daardie dekade eerder as Hannibal van Silence
of the Lambs die goue standbeeldjie gekry.)
Maar ek glo daar’s net een ware ont-angeling
van die dood: Jesus Christus!
Geloof in Sy werklike oorwinning oor die dood
het die eerste Christene as oog- en vat-getuies (onthou vir Tomas?) geïnspireer
om Jesus as Kurios (Here) te verkondig. En om later hul eie lewens vreesloos
prys te gee vir hierdie Jesus en die waarheid van Sy Goeie Nuus.
Abel haal Jim Elliot se fantastiese waar woorde aan: “When the time comes to die, make sure
that all you have to do is die!”
Maar hoe maak
mens seker dat alles “uitgesort” is voor jy sterf? Polisse en Testament? Ek
dink Elliot het gepraat van vrede met God deur Jesus Christus. Hoekom dink ek
so? Omdat Jim Elliot as een van vyf Christen Sendelinge vermoor is in Ecuador op 8 Januarie 1956 tydens hul
uitreik na die Waodani volk met die boodskap van Jesus Christus. Jim was 28
jaar oud.
Uit sy bewaarde
dagboek is daar ook hierdie inskrywing: “Father, make of me a crisis man. Bring
those I contact to decision. Let me not be a milepost on a single road; make me
a fork, that men must turn one way or another on facing Christ in me. He is no
fool who gives what he cannot keep to gain what he cannot lose.”
Jim Elliot het sy
lewe verloor omdat hy onwrikbaar geglo het dat Jesus die dood kom ont-angel
het. Jesus se woorde in Matteus 10:39 is: “Hy wat sy lewe wil behou, sal dit
verloor; en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind.”
More is die derde
begrafnis / dankdiens in twee weke wat ek moet lei. Wat ‘n voorreg om saam met
mense te huil en te lag by sulke kosbare afskeidsgeleenthede. Dis vir my ook
baie belangrik dat naasbestaandes besef dit is hulle geleentheid vir afskeid.
Daarom bepaal hulle die verloop en uniekheid daarvan. Al hoe meer sulke geleenthede
word gevul met musiek, slideshows, gedigte en briewe. Genadiglik herskryf en
herontwerp mense die begrafnisbriewe as huldeblyke en vierings van die gestorwenes
se lewe.
Maar, die taak
waarvoor ek nie wegskram nie, is om te troos deur en uit te daag op grond van
Jesus se woorde nie.
Natuurlik is die
dood in die woorde van Stef Bos
“...te groot voor woorden / Dit
gevoel is te groot / Te groot voor woorden / Dit gevoel is te groot / Wat ze
voelt is te groot voor woorden.”
Tog probeer kunstenaars deur die eeue om met kwas, potlood en lier iets van die dood vas te vang (in ‘n futiele poging tot ont-angeling?)
Tog probeer kunstenaars deur die eeue om met kwas, potlood en lier iets van die dood vas te vang (in ‘n futiele poging tot ont-angeling?)
Op
Guy Fawkes nag in 1994 het ons Forrest Gump op die grootskerm
geniet. Later die aand bel my pa my met die nuus dat my gunsteling Prof, Johan
Heyns vermoor is. As finale jaar Tokkelok by Tukkies was hy my hero. Die
volgende oggend laat val ek ‘n glasbottel aan skerwe in ons studente woonstel.
Daardie selfde aand sing ek oor die telefoon ‘n pasgeskryfde lied aan my vriend
Louis Brittz:
Lied vir
die dood
Die bottel het geval, die skerwe lê verpletter
Die legkaart is banaal, die stukke lê verketter
’n duis’ligheid tref
my hart geklief
dié refrein maal in my
Die legkaart is banaal, die stukke lê verketter
’n duis’ligheid tref
my hart geklief
dié refrein maal in my
’n lied vir die dood – vír jou,
óór jou –
jy maak my bang vanaand
maar jou wrede eenoog-angel
is uit ’n grotgraf kru ontangel
My woorde dit is al, odes eng geyk
Die trooswoord leeg en koud, die lewensvlag gestryk
’n duis’ligheid tref
my hart geklief
dié refrein skeur in my
Die trooswoord leeg en koud, die lewensvlag gestryk
’n duis’ligheid tref
my hart geklief
dié refrein skeur in my
’n lied vir die dood – vír jou,
óór jou –
jy maak my bang vanaand
maar jou wrede eenoog-angel
is uit ’n grotgraf kru ontangel
’n sanger hoor ek skree: “dis hoop in smart wat
kort!”
die prediker eggo mee, die lewe eind’loos kort
’n duis’ligheid tref
my hart geklief dié refrein maal in my
die prediker eggo mee, die lewe eind’loos kort
’n duis’ligheid tref
my hart geklief dié refrein maal in my
’n lied vir die dood – vír jou,
óór jou –
jy maak my bang vanaand
maar jou wrede eenoog-angel
is uit ’n grotgraf kru ontangel
Ja jou wrede eenoog-angel
is deur Jesus wreed vermorsel
– 5 November 1994 (Pretoria)
Ek
omarm vol verwagting Paulus se woorde in 1 Korintiërs 15:26 “Die laaste vyand wat vernietig word, is die
dood.” En Johannes 11:25-26 in my tweet-respons op Abel se artikel? “Toe
sê Jesus vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe,
al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit
sterwe nie. Glo jy dit?”
En op Jesus se vraag, is daar net drie antwoorde: “Ja”,
“Nee” of “ek weet nie”.
Bono (van U2) het onlangs in ‘n onderhoud só
verwys na C.S. Lewis se beroemde “Liar, Lunatic or Lord” uitspraak oor Jesus: "When
people say 'good teacher,' 'prophet,' 'really nice guy,' ... this is not how
Jesus thought of himself," says Bono. "So, you're left with a
challenge ... which is, either Jesus was who he said he was, or a complete and
utter nut case...I believe that Jesus was, you know, the son of God." Maar
dan in ‘n gefragmenteerde wêreld is dit tog belangrik vir Bono om by te voeg
oor hulle wat “Nee” of “Ek weet nie” antwoord: Wees "really respectful to
people who find that ridiculous."
SLOT:
Soos
C.S. Lewis destyds, buig ek vanoggend uit vrye keuse en sonder enige bymotiewe
of geldelike voordeel opnuut “kicking and screaming in protest” my knieë voor
Jesus Christus, die – so glo ek onwrikbaar – opgestane Christus wat ‘n leë graf
agtergelaat het sodat my graf of nissie ook eendag ontruim sal wees/word.
Francois Mulder is predikant in Blanco (George) se NG
Kerk.
Bronne:
U2's Bono says Jesus Christ was 'punk rock,' Psalms are 'the Blues'
By Molly Chance June 27, 2013 7:14 PM EThttp://blog.zap2it.com/pop2it/2013/06/u2s-bono-says-jesus-christ-was-punk-rock-psalms-are-the-blues.html