1.
INLEIDEND
Sewentig van ons sit
in ‘n historiese gebou, ingewy in 1843, herbou in 1906. Hierdie pragtige
kerkgebou is die tuiste van Moedergemeente George in die Suid-Kaap, gestig in
1813. Drew de Kock, gemeente bestuurder, se woorde tref: "Ons wil hê mense
moenie nét die pragtige gebou raaksien nie, maar ook die pragtige Here van die gebou
en die gemeente."
Ons is byeen as
volgelinge van ‘n Man wat 2000 jaar gelede geleef het, en so glo ons, stééds
leef en heers. Sy woorde en Woord is ons onderwerp vir die volgende twee dae.
Die program in my hand vra die dringendste van
vrae:
“Die Bybel in gedrang?”
Moedergemeente het die inisiatief geneem na verlede jaar
se kontroversiële sinodesitting in Pretoria. Maande se beplanning gee geboorte aan
hierdie konferensie as ‘n herfokus op die Bybel as die Woord van God in
mensetaal. Almal
is bewus van die olifant in die kerkgebou – die spanning in die kerk oor
selfdegeslag verhoudings. Die doel van ons saamwees is egter
‘n doelbewuste weg-KYK vanaf die olifant en nuut-KYK na die bron van ons
geloof: die VaderSeunGees wat
geopenbaar word in sy Woord.
Vier sprekers van regoor
Suid-Afrika is ons gidse op hierdie opwindende reis deur ‘n antieke versameling
boeke saamgebind tussen twee swart buiteblaaie. Tydens die reis staan ons stil
by die ontstaan, kanonisering, uitleg, verstaan en gesag van die Bybel.
Alhoewel elkeen van hierdie
vier teoloë ‘n formidabele CV het, beleef ek hulle tydens die konferensie as
nederige, lewenslange studente van die Woord. Hul unieke agtergrond, roeping en
invalshoek het tot gevolg dat iets unieks op die tafel gesit word. Hulle leef
met oop oë en ore om God raak te sien en raak te hoor, veral in sy Woord.
Fanie Cronje (NG Gemeente Riviera-Jakaranda)
is passievol oor Bybelse argeologie en alles Ou Testament. Roedolf Botha
(Dialoog & E-kerk) is ‘n apologeet van formaat wat in dialoog bly met ‘n
skeptiese wêreld. Stephan Joubert (E-kerk) is ‘n besondere woordkunstenaar wat
al vir dekades ‘n sagte en kreatiewe “gentleman-profeet” vir die NG Kerk is.
Chris van Wyk (NG Gemeente Somerstrand) is ‘n man van die Woord en Bybelskool-guru,
steeds verlief op die Outeur van die Woord en Lewe.
GEORGE BYBELKONFERENSIE SPREKERS & ORGANISEERDERS
Van links na regs: Drew de Kock
(Gemeentebestuurder, Moedergemeente George),
Francois Mulder (Leraar,
Blancogemeente, George), André Pieterse (Leraar, Moedergemeente George), Fanie
Cronjé (Leraar, NG Gemeente Riviera-Jakaranda), Chris van Wyk (Leraar, NG
Gemeente Somerstrand), Roedolf Botha (Dialoog & E-kerk), Stephan Joubert
(E-kerk), Steve van der Walt (Leraar, Moedergemeente George) en Jaco Van
Niekerk (Lidmaat, Moedergemeente George.) Voor: Ferdi Boll (besig met sy
praktiese Teologie jaar in Blancogemeente, George. Hy word DV 27 November
gelegitimeer)
2.
BYBELKUNDE 101
Dis nie ‘n maklike taak om
geleerdes, gelegitimeerdes en “gewone“ gelowiges in dieselfde vertrek te kry
vir ‘n konferensie oor die Bybel nie. Hoe oortuig mens gemeentelede dat doktore
sal probeer om in eenvoudige Afrikaans te praat? Hoe besweer mens moeë, rondhardlopende
leraars se vrese dat dit ‘n moeisame en vervelige Bybelkunde 101 lesing gaan
wees? Maar na twee besondere dae is almal dit eens: ons is uitgeboul deur die
eenvoud, kompleksiteit, rykdom en misterie van die Woord.
Ouderling Janna
van der Colff, afgetrede polisieman, som terugskouend baie van die
konferensiegangers se gevoel op as hy sê: “Dit was ‘n kragtige ervaring. In
twee dae is die Woord vir my oopgebreek.” Grappenderwys erken hy egter ook: “Na
twee dae se sit is my boude in gips.”
3.
HISTORIESE OORSIG OOR KANONVORMING
Die konferensie skop af met Fanie Cronjé wie se kennis van die
antieke wêreld konferensiegangers aan sy lippe laat hang. ‘n Geskaterlag volg
toe hy die Biblia Hebraica (Ou Testament in Hebreeus) vertoon en verklaar:
“Sommige kollegas lees uit hom, ander gebruik hom as 'n deurstop." Later
verklaar hy: "Die
rugby is pateties op Saterdae, lees eerder Bybel en doen Bybelstudie." Op
’n ernstiger noot weerklink sy belydenis:
"As jy met die Bybel besig is, besef jy
dat
die Bybel eintlik met jóú besig is."
Uit die mond van al vier sprekers kom die belydenis
in ooreenstemming met die NG Kerk se kerkorde artikel 1: die Bybel is die Woord
van God. Ons beleef ‘n voëlvlug oor die ontstaansgeskiedenis van die Ou en Nuwe
Testament en bespreek ook die uiteindelike vaslegging van die Kanon. Daarna maak
ons ‘n interessante draai by Qumran,
die argeologiese terrein wat dateer uit die tyd van die
Tweede Tempel en wat bekend geword het sedert 1947 toe 'n aantal antieke
manuskripte gevind is in die omgewing se grotte. Hierdie manuskripte staan
bekend as die Dooie See-rolle.
As iemand wat die sinvolheid van die evangelie in alledaagse taal probeer verduidelik, verklaar Roedolf Botha die vinnige ontstaan van die Nuwe Testament (binne
70 jaar het ons al die dokumente van die Nuwe Testament) te midde van die
eksplosiewe groei van die vroeë kerk vanuit die opstanding van Jesus Christus.
Iets radikaals móés gebeur het om die eksponensiële groei en transformerende
effek van die eerste Christene in die eerste drie eeue na Christus, te
verklaar.
Hy
parafraseer NT Wright as volg:
As daar nie 'n historiese opstanding was
nie, sou daar nie 'n Nuwe Testament gewees het nie.”
Dáárom
sê hy: "Ek is 'n 'includer' maar ek glo jy breek met die Christelike
tradisie en vroeë kerk as jy die opstanding verwerp."
Oor die gesag van die Woord omarm hy die
organiese inspirasie teorie – naamlik dat God die menslikheid van die
Bybelskrywers gebruik het. Deurslaggewend vir die betroubaarheid van die Nuwe Testament
is die feit dat dit geskryf is in die tyd van die ooggetuies. Die
betroubaarheid van die mondelinge tradisie oor Jesus lê vir hom in die feit dat
die volgelinge van 'n rabbi se 1e taak was om letterlik al sy woorde te
memoriseer.” Ook sê hy: "Dis só cool dat die Here sy Woord in die Nuwe
Testament laat skryf het in die straattaal van die tyd:
Koine Grieks."
4. HUIDIGE KONTEKS EN
BYBEL INTERPRETASIE
Hoe verstaan ons die Bybel in die 21ste eeu? Chris van Wyk bemoedig en bevestig
elkeen wat worstel met die Bybel: "Dis 'n wonderlike voorreg om met die
Woord te werk." Vir hom is die Woord ‘n
huis om in te woon. Leraars daag hy uit: “Wys in die prediking hoe die teks
deur jóú gegaan het. Onthou, God se lewende stem kom na ons in die Woord.”
Nehemia
8:9 is
vir hom ‘n pragtige uiteensetting van die taak van uitleggers van die Woord:
“Die Leviete het uit die boek, uit die wet van God,
* voorgelees ( קָרָא
) en dit
* uitgelê (פָּרַשׁ
)
* Hulle het die betekenis ( שֶׂכֶל
)
weergegee
* sodat die
mense kon verstaan ( בִּין ) wat gelees word.”
In sy aanbieding pleit hy vir ‘n
verantwoordelike literêr-historiese lees van die Bybel, maar herinner ons:
“Jesus word in die Nuwe Testament by uitnemendheid as die hermeneut geteken,
die een wat tot werklike verstaan begelei, wat harte en ook verstande oopmaak
om te kan verstaan.”
Oor ons huidige konteks konfronteer Roedolf Botha volstruis-teoloë:
"Jy kan nie 'n goeie dominee wees as jy nie fliek nie. My geestelike
dissiplines is bid, Bybellees en fliek."
Op meesterlike wyse bring hy Plato en The
Matrix bymekaar met ‘n konklusie: "Meeste mense
is nie geïnteresseerd in die realiteit nie, maar verkies ‘n leuen. Ignorance is
bliss." In antwoord op ‘n paar vraagteken-gesigte by sommige van sy fliek-
en Ateïs-skrywer voorbeelde spot hy: “Ouens, julle moet meer uitkom!”
5. GEPRAAT VAN KANON
EN KANONNE
Stephan Joubert herinner ons dat die
kanon – die 66 gesaghebbende boeke van die Bybel – nie as oorlogs-kanon gebruik
mag word nie. “Die Bybel is die
waarheid, maar nie ‘n wapen nie.” As tweesnydende swaard sny die Woord diep in
ons eie hart, ontwapen ons en verander ons in reddingswerkers in ‘n rampgevulde
wêreld.
Roedolf Botha eggo hierdie
sentiment as hy sê: "Die hart van die Christelike geloof is
anti-imperialisties. Die kruis help ons om mag weg te gee. Dán doen die kerk
goed." Daarom gaan dit vir Bybelgehoorsame gelowiges nooit oor ‘n aardse
koninkryk van krag en mag nie. Hy herinner ons: "Al wat van die Romeinse
Ryk oorgebly het is ons noem ons kinders Petrus en Paul en ons honde Brutus en
Nero."
‘n
Besondere bril wat Roedolph voorhou vir Bybelverstaan is om te besef:
* God is die Hoofkarakter van die ganse
Woord
* Jesus is die Hoofkarakter van
die Nuwe Testament
* 70% van die Bybel is verhale
* Jesus se hoofboodskap is die
Koninkryk van God.
Stephan
Joubert
waarsku dat ons nie geroep is om selfaangestelde advokate vir God,
Bybelverdedigers en Sondaar-aanklaers en -arresteerders te wees nie. Die Bybel
vra nie om verskoning nie. Ons mag nie die Bybel mak maak deur dit
voorspelbaar, veilig en vervelig te tem nie. Te veel Christene verander die
Bybel van ‘n Lewensboek na ‘n Slaaptydboek wat net voor slaaptyd gelees word om
te sus.
“Baie
mense sê sola Scriptura, maar weet sola Niks van die Bybel omdat hulle
doodgewoon nie die Bybel LEES nie. Jy mag nie die Bybel lees asof dit ‘n Groot
Verseboek is nie.” Ten slotte gebruik hy die voorbeeld van ‘n Wilbur Smith boek wat mens van begin
tot einde moet lees, anders sal alles vir ons deurmekaar wees. Net dalk is dít
die rede waarom so baie Bybellesers effens deurmekaar voorkom.
Wat
my altyd sal bybly van dié konferensie is Stephan Joubert se oproep:
“Kom
ons val in eerbied neer voor die Outeur
van die Woord.”
6. OPSOMMEND
Aan die einde van die konferensie is die
sprekers gevra om hul aanbieding en vertrekpunt in een sin op te som:
Die Bybel se gesag lê in God self opgesluit.
1962
op ‘n vraag die essensie van al sy werke opsom met die woorde: “Jesus loves me
this I know, for the Bible tells me so."
Genesis
31:47,
Jeremia 10:11, Esra 4:8 -
6:18 & 7:12-26 en
Daniël 2:4-7:28
* Die Ou Testament wat
die eerste Christene en daarna tot en met die
Reformasie van die 16e eeu gelees het was
geskryf in ou-Grieks (die
Septuagint) en ou-Latyn (die Vulgaat).
* Die Ou Testament is
vir die eerste maal as een boek gedruk in 1488.
* Die Bybel is vir die
eerste maal ingedeel in hoofstukke in 1227 AD.
* Teksverse is vir die
eerste maal in die Ou Testament ingesit in
1448 AD.
* Teksverse is vir die
eerste maal in die Nuwe Testament ingesit in
1555 AD.
Besondere aanhalings:
Stephan Joubert haal Gerhard F. Hasel aan:
"Often critical scholars seek to understand Bible writers on their own terms; if the Biblical picture is in conflict with the modern understanding of the world and man, then the Biblical view is reinterpreted in such a way so as to remove its conflict with that of the modern conception."
"Often critical scholars seek to understand Bible writers on their own terms; if the Biblical picture is in conflict with the modern understanding of the world and man, then the Biblical view is reinterpreted in such a way so as to remove its conflict with that of the modern conception."
Chris van Wyk haal Frank Viola en Leonard Sweet aan:
“The more you marinate your mind and
soak your soul in the Scriptures, the more the Word becomes your words—the more
its words become part of the warp and woof of your life, including your unique
phrasings and idioms.”
Verskeie
kursusgangers het Stephan en
Roedolf
se nuutste boek,
Hoe om die Bybel reg te lees, aangeskaf.
Heelwat
van die temas van die
konferensie
word breedvoerig in die
boek
aangespreek.
Drew de Kock
Gemeentebestuurder
Moedergemeente
George
Tel.
no: 044 874 2036
Selfoon:
082 852 8632
Faks:
044: 874 2037
e-Pos:
ngmoeder@caw.org.za