Die lieflike verhaal van Sarena Lamprecht đč (Blancogemeente orrelis sedert 1974 - haar afskeidvideo) se Pappa oom Lovie en sy broer Ben en hul huidige roadtrip waarna ek verwys het in my YouTube preek van 29 Augustus 2021.
#49daeKonnekenAanhou @BlancogemeenteGeorge
Broers (88 en 94) op epiese tog met woonwa | Netwerk24 Broers op Epiese tog 25 Augustus 2021

Twee bejaarde broers wat elk in minder as ân jaar hul eggenotes aan die dood afgestaan het, het nou in ân woonwa die pad gevat op ân epiese reis wat gewilde bestemmings soos Namakwaland insluit.
Die 88-jarige Ben Bothma van Kroonstad in die Vrystaat het onlangs sy 94-jarige broer, Louis (ook bekend as âLovieâ), in Hartenbos in die Suid-Kaap gaan oplaai en met hul reis begin.
Die woonwa word met Ben se groot, donker Chevrolet gesleep.
Hulle het eers in Merweville in die Karoo gaan draai, waar hulle die historiese NG kerk en Skoorsteen, die plaas waar hulle grootgeword het, besoek het.
Volgens Ben het hy en sy broer besluit om âkuier-kuierâ die pad te vat, onder meer âna die plek van ons wortelsâ en Namakwaland met sy blommeprag. âOns gaan ook die nasionale parke besoek, net nie in die noorde nie. Dis ân bietjie ver.â
Hy het gesĂȘ Netwerk24 âmag oor die reis skryf, maar net as julle by die waarheid hou en nie oor ons streke nieâ.
Die broers was Woensdagoggend nog in die Karoo. âOns gaan nou verder ry omdat ons skuiling moet kry voordat die kouefront kom,â het Ben gesĂȘ. âEk wil nie in die koue in die Karoo wees nie.â (Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ân kouefront vir Donderdag met moontlike sneeu, stormsterk winde en ontwrigtende reĂ«n voorspel.)
Volgens Ben het hy en sy vrou, Marie, wat aan die begin van Mei dood is, altyd in Namakwaland gaan blomme kyk. Die egpaar was 65 jaar lank getroud.
Ons gee elke dag aan die Here oor en vat dit soos dit kom.
Netwerk24 het ook berig toe Lovie en sy vrou, Sara, verlede jaar in Julie hul 70ste huweliksherdenking by die Hartenbos-versorgingsoord gevier het. Sara het kort daarna gesterf.
Volgens Ben het hy en sy broer nie ân vaste rooster vir hul reis nie.
âOns gee elke dag aan die Here oor en vat dit soos dit kom. Ons het nie ân spesifieke datum wanneer ons klaar moet wees nie. Ons wil net die prag en die natuurskoon geniet,â het hy gesĂȘ.
Facebook â Karoo Blessings â 25 Augustus 2021
Vandag het ek 'n kosbare stukkie beleef saam met Marian...
Skoon 'n traan gepik aan die einde...
Die 2 oompies is Marian se oupa se broers: Oom Lovie (94 jaar oud) en Oom Ben Bothma (88 jaar oud).
Hierdie 2 manne het besluit om te toer met 'n Karavaan... Alleen... Wow, watter voorbeeld vir ons almal en dit gee my hoop dat ek en Marian eeeeeeeendag ook sal kan rondry en toer (wonder net wie gaan die kos maak.)
Hul ry hul ouma en oupa en familie na (die dooies en lewendiges ook).
Hul al 2 het in Merweville op Skoorsteen groot geword...
Vanoggend vertel hul van wat hul aangevang het.. hoe hul na die buurplase toe geloop het.. die kuiers.. die koshuislewe.. die swaarkry-tye maar altyd die stukkie lekker daarby...
Hul kom om ons storie te hoor...
Oom Ben het van ons in die Weg Platteland gelees en toe besluit hul 2 dat hulle wil kyk of alles wat daarin staan die waarheid is.. en natuurlik is dit sy eie Ouboet se kleindogter (Marian) se storie....
So hul kom sit en luister en proe en eet en proe en gesels land en sand...
Na 'n heerlike oggend haal die 2 oompies hul beursies uit en koop vir 'n klein army familielede nougat en koekies...
Net voordat hul loop vra oom Ben of Oom Lovie vir ons kan bid...
Flip en daar loop my trane... Hoe kosbaar - hoe mooi - hoe besonders...
Soos hul al twee sĂȘ: "Hierdie Storie is net 'n storie van Genade en hoop..."
Net soos hul wat kan rondry op hul ouderdom...
Hartenbos-egpaar 70 j. getroud | Netwerk24 â 16 Julie 2020
Hulle het mekaar by die volkspele in Caledon ontmoet en dit was nie moeilik om 70 jaar met mekaar uit te hou nie.
So sĂȘ Lovie Bothma (94) van die Hartenbos-versorgingsoord oor die besonderse huweliksherdenking wat hy en sy vrou, Sara (90), Woensdag gevier het.
Die egpaar is ook deur hul familie met die mylpaal gelukgewens in ân plasing Woensdag in Die Burger se Snuffelgids. Die egpaar is in die plasing vir hul voorbeeld, liefde, ondersteuning, gebede, hulp en raad oor die jare heen bedank.
Lovie sĂȘ hy en sy vrou het ânooit probleme gehad nieâ.
âDit was maar vasbyt,â korswel hy. âMaar ons het 70 gelukkige jare gehad. Die Here was goed vir ons. Ons het mekaar in ag geneem. Ons het ân boere-geaardheid en is Christenmense, dit is ons kultuur. Dit was nie moeilik om 70 jaar met mekaar uit te hou nie.â
Die twee was in hul vroeĂ« twintigs toe hulle afgehaak het. Sara was ân tuisteskepper terwyl die gesin onder meer in Calvinia, Riversdal en Willowmore gewoon het waar Lovie in die koöperasiebedryf gewerk het.
Hulle het twee dogters, Sarena Lamprecht wat in George woon en Hannalie Small van Caledon.
Volgens Lovie gaan hy en sy vrou die dag stil deurbring. Weens die Covid-19-pandemie word niemand toegelaat om die versorgingsoord te verlaat of rond te beweeg nie. Hulle woon in die âmobieleâ deel van die versorgingsoord.
Volgens hom geniet hy en sy vrou mekaar nog en bly hulle lekker in die versorgingsoord.
âDit is lieflik hier en ons geniet dit baie.â
Hulle het vier kleinkinders.