Saterdag 28 Augustus 2021

Broers (88 en 94) op epiese tog met woonwa


Die lieflike verhaal van Sarena Lamprecht 🎹 (Blancogemeente orrelis sedert 1974 - haar afskeidvideo) se Pappa oom Lovie en sy broer Ben en hul huidige roadtrip waarna ek verwys het in my YouTube preek van 29 Augustus 2021.

#49daeKonnekenAanhou @BlancogemeenteGeorge

Broers (88 en 94) op epiese tog met woonwa | Netwerk24 Broers op Epiese tog 25 Augustus 2021

Twee bejaarde broers wat elk in minder as ’n jaar hul eggenotes aan die dood afgestaan het, het nou in ’n woonwa die pad gevat op ’n epiese reis wat gewilde bestemmings soos Namakwaland insluit.

Die 88-jarige Ben Bothma van Kroonstad in die Vrystaat het onlangs sy 94-jarige broer, Louis (ook bekend as “Lovie”), in Hartenbos in die Suid-Kaap gaan oplaai en met hul reis begin.

Die woonwa word met Ben se groot, donker Chevrolet gesleep.

Hulle het eers in Merweville in die Karoo gaan draai, waar hulle die historiese NG kerk en Skoorsteen, die plaas waar hulle grootgeword het, besoek het.

Volgens Ben het hy en sy broer besluit om “kuier-kuier” die pad te vat, onder meer “na die plek van ons wortels” en Namakwaland met sy blommeprag. “Ons gaan ook die nasionale parke besoek, net nie in die noorde nie. Dis ’n bietjie ver.”

Hy het gesê Netwerk24 “mag oor die reis skryf, maar net as julle by die waarheid hou en nie oor ons streke nie”.

Die broers was Woensdagoggend nog in die Karoo. “Ons gaan nou verder ry omdat ons skuiling moet kry voordat die kouefront kom,” het Ben gesê. “Ek wil nie in die koue in die Karoo wees nie.” (Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n kouefront vir Donderdag met moontlike sneeu, stormsterk winde en ontwrigtende reën voorspel.)

Volgens Ben het hy en sy vrou, Marie, wat aan die begin van Mei dood is, altyd in Namakwaland gaan blomme kyk. Die egpaar was 65 jaar lank getroud.

Ons gee elke dag aan die Here oor en vat dit soos dit kom.

Netwerk24 het ook berig toe Lovie en sy vrou, Sara, verlede jaar in Julie hul 70ste huweliksherdenking by die Hartenbos-versorgingsoord gevier het. Sara het kort daarna gesterf.

Volgens Ben het hy en sy broer nie ’n vaste rooster vir hul reis nie.

“Ons gee elke dag aan die Here oor en vat dit soos dit kom. Ons het nie ’n spesifieke datum wanneer ons klaar moet wees nie. Ons wil net die prag en die natuurskoon geniet,” het hy gesê.

Facebook – Karoo Blessings – 25 Augustus 2021



Vandag het ek 'n kosbare stukkie beleef saam met Marian...
Skoon 'n traan gepik aan die einde...
Die 2 oompies is Marian se oupa se broers: Oom Lovie (94 jaar oud) en Oom Ben Bothma (88 jaar oud).
Hierdie 2 manne het besluit om te toer met 'n Karavaan... Alleen... Wow, watter voorbeeld vir ons almal en dit gee my hoop dat ek en Marian eeeeeeeendag ook sal kan rondry en toer (wonder net wie gaan die kos maak.)
Hul ry hul ouma en oupa en familie na (die dooies en lewendiges ook).
Hul al 2 het in Merweville op Skoorsteen groot geword...
Vanoggend vertel hul van wat hul aangevang het.. hoe hul na die buurplase toe geloop het.. die kuiers.. die koshuislewe.. die swaarkry-tye maar altyd die stukkie lekker daarby...
Hul kom om ons storie te hoor...
Oom Ben het van ons in die Weg Platteland gelees en toe besluit hul 2 dat hulle wil kyk of alles wat daarin staan die waarheid is.. en natuurlik is dit sy eie Ouboet se kleindogter (Marian) se storie....
So hul kom sit en luister en proe en eet en proe en gesels land en sand...
Na 'n heerlike oggend haal die 2 oompies hul beursies uit en koop vir 'n klein army familielede nougat en koekies...
Net voordat hul loop vra oom Ben of Oom Lovie vir ons kan bid...
Flip en daar loop my trane... Hoe kosbaar - hoe mooi - hoe besonders...
Soos hul al twee sê: "Hierdie Storie is net 'n storie van Genade en hoop..." 

Net soos hul wat kan rondry op hul ouderdom...

Hartenbos-egpaar 70 j. getroud | Netwerk24 – 16 Julie 2020


Hulle het mekaar by die volkspele in Caledon ontmoet en dit was nie moeilik om 70 jaar met mekaar uit te hou nie.

So sê Lovie Bothma (94) van die Hartenbos-versorgingsoord oor die besonderse huweliksherdenking wat hy en sy vrou, Sara (90), Woensdag gevier het.

Die egpaar is ook deur hul familie met die mylpaal gelukgewens in ’n plasing Woensdag in Die Burger se Snuffelgids. Die egpaar is in die plasing vir hul voorbeeld, liefde, ondersteuning, gebede, hulp en raad oor die jare heen bedank.

Lovie sê hy en sy vrou het “nooit probleme gehad nie”.

“Dit was maar vasbyt,” korswel hy. “Maar ons het 70 gelukkige jare gehad. Die Here was goed vir ons. Ons het mekaar in ag geneem. Ons het ’n boere-geaardheid en is Christenmense, dit is ons kultuur. Dit was nie moeilik om 70 jaar met mekaar uit te hou nie.”

Die twee was in hul vroeë twintigs toe hulle afgehaak het. Sara was ’n tuisteskepper terwyl die gesin onder meer in Calvinia, Riversdal en Willowmore gewoon het waar Lovie in die koöperasiebedryf gewerk het.

Hulle het twee dogters, Sarena Lamprecht wat in George woon en Hannalie Small van Caledon.

Volgens Lovie gaan hy en sy vrou die dag stil deurbring. Weens die Covid-19-pandemie word niemand toegelaat om die versorgingsoord te verlaat of rond te beweeg nie. Hulle woon in die “mobiele” deel van die versorgingsoord.

Volgens hom geniet hy en sy vrou mekaar nog en bly hulle lekker in die versorgingsoord.

“Dit is lieflik hier en ons geniet dit baie.”

Hulle het vier kleinkinders.

Sondag 04 Julie 2021

18 JUNE 1969 + 50 years = 18 JUNE 2019


[50]
#50daysto50years
 29 April 2019

Vir die volgende 50 dae tot en met my 50ste verjaardag gaan ek nostalgies-onverskonend my lysies van gunstelinge hier dokumenteer vir almal of niemand om te geniet:
50 films, albums, boeke, gebeurtenisse ens.



• gunsteling buitelandse film: Cinema Paradiso


• Gunsteling wyn: Cabernet Sauvignon


• Gunsteling bier:
Hunter’s (cider, ek weet 😂🍺)


• Gunsteling jazz kunstenaar: Diana Krall


• Gunsteling buitelandse filosofiese fiksie-skrywer: Milan Kundera


 

Early birthday present #fromDadtoDad


#U2UnderaBloodRedSky - 

the 1st U2 album (vinyl) and 
video (VHS cassette) I ever 
bought plus #U218 double vinyl.

#geseënd


#bevóórreg




 

 

 

[49]
 #49daysto50years
30 April 2019


My favourite “christian” writer is John Fischer, the #JesusMusicPioneer who taught me years ago that #RealChristiansCANdance and that #TrueBelieversCANaskWhy
His #12StepsfortheRecoveringPharisee (like me) is required reading y’all 😎

 

  
[48]
 #48daysto50years
1 Mei 2019
My gunsteling skrywer as kind was Leon Rousseau met sy #FritzDeelman boeke. Natuurlik het ek ook Trompie gelees, maar Luitenant Deelman was my hero 😂😎

 

 

[47]
 #47daysto50years
2 Mei 2019 
 
Afrikaanse boeke op hoërskool en Universiteit wat ‘n gróót impak op my gehad het:
1. 1987 Matriek voorgeskrewe boek “Die Son Struikel” van Dolf van Niekerk
2. Kortverhale “Halfkrone vir die nagmaal” E. Kotze
3. Kortverhale bundel “Pylvak” (veral “Die Caledonner”)
4. Esta Steyn “Waar wenners woon” & “Kinders van die Sabbatsee”
5. EWS Hammond digbundel “Hamburgers en Hotdogs”
6. Breyten Breytenbach “Katastrofes” & “Die Ysterkoeie moet sweet”
7. Koos du Plessis “skink nog ‘n uur in my glas”
• My gunsteling Afrikaanse romanskrywers is Marita van der Vyver & André P. Brink.

 



[46]
 #46daysto50years
3 Mei 2019 


I guess you could say I don’t like sport, I ❤️ it!
RUGBY:🏉
24/06/1995 🇿🇦🥇🏆
20/10/2007🇿🇦🥇🏆
Favourite Autobiography: Francois Pienaar “Rainbow Warrior”
CRICKET:🏏
The evening before my 30th birthday, 17/06/1999 😭😭😭 - Donald&Klusener ...
SOCCER/FOOTBALL
Only every 4 years for the World Cup ⚽️ (Hup Hup Holland 🇳🇱!)
TENNIS:
#GOAT
#FedererForever @rogerfederer
GHOLF:
Only the Majors - go @brandengracegolf @ernieelsgolf @louisoosthuizen57
#GOAT @gary.player
ATHLETICS:
#GOAT @usainbolt & Carl Lewis & @waydedreamer
BOXING:
#GOAT Cassius Clay #MuhammadAli 🇺🇸SPORT:
#Superbowl once a year (next day)
❤️ Baseball movies:
🥇 #FieldofDreams

 



[45]
 #45daysto50years
4 Mei 2019 

John Grisham - master of the legal thriller - is an attorney-turned-author and my and @colourpersonify_karina ‘s favourite fiction writer. We read one of his books aloud for each other, at least once a year. Our favourite one: #TheTestament ❤️✍🏻
@johngrishamauthor

 



[44]
 #44daysto50years
5 Mei 2019 

My gunsteling stokperdjie is die versameling van boeke, cd’s, plate, dvd’s en blurays. Ek besit elke #BestFilmOscar sedert 1928 se “Wings” en sal dv later vanjaar “Green Book” voeg by my versameling.





[43]
 #43daysto50years
6 Mei 2019 


I was born June 18th 1969 in Bethlehem, in the Orange Free State province of South Africa. One month later the world was captivated by the launch and eventual landing on the Moon by Niel Armstrong and Buzz Aldrin. And ever since, I’ve been bothered by the Moon 😂😎🌓🌖🌕. Dáárom is my blog by www.metdiemaangepla.blogspot.com

 


Vrydag 04 Mei 2018

INTROSPEKSIE MET DIE AFSKEID VAN 'N MATRIEK-1987-KLASMAAT


ZELDA KRUGER (1969 - 2018 ~)




Ek blaai deur facebook foto's van haar lewe.

Haar glimlag is oral.

Getuienisse oor haar impak word gedeel deur dosyne mense:

"Jy was n ongelooflike mens gewees en het soveel mense se lewens geraak."

"JY was die een wat altyd die wêreld 'n spesiale plek gemaak het Zelda." 

"May your smile and joy light up heaven."

"You were one of the strongest people I knew and your light shone the brightest. You were my mentor and close friend for 15 years."

Zelda het altyd gelag en geborrel van vreugde. Sy het baie lewens aangeraak. 
Sy los n groot legacy."


Kanker?

4 jaar stryd?

Genuine nie geweet nie. Nie 'n woord is gerep op sosiale media nie. Hoe anders sou ek uitvind as dekades en 1 231 km tussen ons lê?

Ek dink terug, 31 jaar gelede, Hoërskool Waterkloof. Ek reis saam met Michael J Fox "Back to the future."







Ons skoolhoof is mnr Pieter Martins, ‘n legend! Die skoolkoerant heet na aanleiding van hom die "Martiens." Ons skoolleuse van 1983 tot 1987 is “ons bou in geloof.”


 
Nelson Mandela is nog in die tronk, en ons word tydens Geestes-Weerbaarheid periodes gebombardeer met “volk en vaderland.” Nou en dan is ons al marsjerende tydens kadette. 

Ek hoor weer die popmusiek van die tagtigs in my ore. (Drie dekades later is my rock 'n roll Matriekseun in 'n band genaamd @kloudink - en hulle dink die eighties-musiek is cool ;-)!)

1987. 
Ons wen die A-Bond atletiek vir die eerste maal.
Ons toneelstuk "Die Pakkie" waarin ek as byspeler 'n kwaai polisieman uitbeeld, wen die Direkteurstrofee.
Ons almal is 17 of 18 jaar jonk.
Verliefdheid hang pers aan Jakaranda-bome.

Dit was die “goeie ou dae” – terugskouend natuurlik ‘n noodtoestand tyd waar ons in die jare daarna saam met die land die geboortepyne van ‘n reënboog-nasie sou meemaak. Gelukkig het ons nie toe geweet van die opstandige tienerjare en beneukte post-mondigwordjare wat sou volg vir ons geliefde land nie. 


Charles Dickens se woorde eggo in elke era: “It was the best of times, it was the worst of times…”


Prediker 7:10 waarsku elkeen wat die verlede ophemel asof dit hemel op aarde was:
"Moenie sê in die ou dae was dit beter as nou nie; dit is nie uit wysheid dat 'n mens so sê nie."



En toe word ons skoolverlaters en Universiteit gebeur en skoolvriendskappe word al minder.


Huwelike en beroepe volg, en selfs Universiteits-vriendskappe vervaag.


En jy mis jul 10 jaar Matriek-reünie in 1997 want jul sanggroep het 'n optrede.

Maar die internet konnekteer julle na al die jare via facebook. En jy emigreer Suid-Kaap toe.



Jy mis jul 20 jaar Matriek-reünie in 2007, want dominees hou mos troues op Saterdae. Darem stig jy 'n Matriek 1987 facebook groepie. Jy beloer al die reünie foto’s met heimwee.

En die 30 jaar reünie gebeur in jou afwesigheid, want jy vlieg TEXAS toe om saam met U2 reünie te hou met die 30 jaar herdenking van hul 1987 "plaat" The Joshua Tree.

En nou is baie van ons se kinders self in matriek.

En ons share foto’s op facebook en whatsapp-groepies, byna soos Oupa en Ouma wat spog met kleinkinders!

‘n Klasmaat verlaat ons groepie met die woorde: “Kry ‘n lewe! Hou op spog met jul kinders se matriekafskeid rokke!” Iemand op die 100-plus deelnemer-groepie skerts: "Sy whiskey is op!"



Terug uit my gedagte-vlug lees ek Messenger boodskappe wat ek en Zelda 'n dekade gelede gedeel het. Skielik kry hierdie chats nuwe betekenis. Dit ontroer en inspireer my:



·         "Wat n verrassing om jou te sien op facebook. Jy moet maar verskoon, ek leer nog om die ding te werk. Goed ek praat met jou. Skool reunie in Oktober - weet jy daarvan? Jy het n beautiful familie hoor.”

·         “Ek het kontak met Mariaan Marais. Ek het haar n ruk geken, (ons is albei diabete en sy is die diabetes voorsitster en ek het haar so leer ken) maar nooit besef ons was saam op skool nie. Snaaks genoeg, ons het koffie sit en drink toe jou broer verby kom en sy se toe, sy was saam met een van die Mulder broers in matriek. Ek se toe ek ook en toe ons albei jou naam noem, toe lag ons net.....”

·         “Sjoe, die Here is amazing ne? Wat n wonderlike gevoel om te weet jy is waar jy moet wees en besig om te doen vir wat jy geroepe is!!!!!! Glo jy en jou familie is n blessing daar waar julle is. Jy het my bemoedig met jou woorde. Net wat ek nodig gehad het om te hoor. Ek voel ek het roeping op my lewe om jeug berading te doen. Ek het vir 2 jaar korrespondensie kursus ingeskryf deur moreleta ng kerk. Sal jy vir my bid asb? Sal dit baie waardeer!!!!!STERKTE met jou bediening. Leef jou destiny.”

·         Glo jy is n blessing vir jou gemeente. Ek is n tekenaar vir elektriese en meganies ingenieurs... tot ek begin met dit wat ek werklik moet doen, nl jeugwerk. As jy weet van jeug organisasies wat vrywilligers soek hier in Pta, laat weet maar....”


·         “Jy moet goeie week he - hoop jy raak baie lewens aan.”


·         “Mag dit ‘n stunning jaar vir jou wees en mag jy op nuwe avonture gaan met die Here.”



·         “Hoop dit gaan goed met jou? Jy klink erg besig en altyd aan die gang...hou jou uit die kattekwaad... ”



Zelda se woorde: "Leef jou destiny" bekruip my stadig. Volgende jaar word ek 50! Leef ek my destiny?

Met die bogenoemde malend deur my gedagtes skryf ek hierdie boodskap op ons 87-Klofies-Kletsgroep:



Ai mede-1987-Matrieks: 


Ek onthou nog hoe ek en Zelda gedans het by 'n standerd 7 klaspartytjie (1984). Toe ek haar 'n paar jaar gelede gepols het daaroor, het sy my herinner aan een of ander "Ghostbusters" partytjie en 'n epic ene by Surene (ek onthou ons het 'n horror-movie gekyk - "Tourist trap" 😳😱🤣😇?.) 



In my beroep moet ek gereeld begrafnisse en dankdienste (ek hou meer van die term as roudienste) hou. My eie worstelinge met die lewe en die dood het ek 'n paar jaar gelede verwoord in 'n artikel. Ek post die link vir die van julle wat geïnteresseerd is. 

Mag Zelda se geliefdes vertroos word met hoop. En mag ons 1989 se Dead Poets Society slagspreuk "Carpe Diem" leef! Blessings - Francois Mulder (Blanco, George, Suid-Kaap."